On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Laurika
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Food

What's on the menu - Blomkoolkaas, groenbone en soutwortels

───   17:22 Thu, 03 Aug 2023

What's on the menu - Blomkoolkaas, groenbone en soutwortels | News Article

Sjef Maradine se Blomkoolkaas-resep is beslis ’n wenner.

Bestanddele

2 groot koppe blomkool, in blommetjies gesny

60 g botter

45 ml (3 e) meel

750 ml (3 k) melk

3 eiergele

7 ml (1½ t) matige Engelse mosterd

5 ml (1 t) worcestersous

knippie sout en peper

125 g cheddarkaas, gerasper

50 g mozzarellakaas

Lees ook: Win R37 000 cash with ‘The 37’ on OFM

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot, oondvaste bak.

Bring die pot gesoute water tot kookpunt, voeg die blomkool by en kook twee minute. Dreineer en plaas in die oondvaste bak.

Plaas die botter en meel in ’n pot en verhit tot die botter smelt. Kook twee minute terwyl jy roer. Verwyder van die hitte en klits die melk geleidelik in om ’n gladde sous te vorm. Plaas terug oor lae hitte en kook drie minute. Verwyder van die hitte en klits die eiergele, mosterd en worcestersous in. Geur met sout en peper.

Meng die twee kase en roer die helfte in die sous in. Giet oor die blomkool en bedek met die oorblywende kaasmengsel.

Bak ’n kwartier of tot goudkleurig.

Lees ook: What's on the menu - Mexikaanse taco's en mieliesalsa

Groenbone Met Niknaks 

Bestanddele

1 kg groenbone

2-3 aartappels

1 groot pak Niknaks

750 ml witsous (3 koppies melk , 3 eetlepels botter/margarine, 3 eetlepels koekmeel saam gemeng en gekook tot effe dik)

250 g spek

1 groot ui

Metode

Kook bone, uie en aartappels tot sag, maak dit fyn 

Braai spek tot bros

Voeg by die bone, asook witsous en Niknaks.

Meng die Niknaks daarin en rasper kaas bo-oor. 

Soutwortels

Bestanddele

4 middelmatige geelwortels

1 middelmatige aartappel

1 middelmatige ui

12,5ml botter

2,5ml sout en ‘n knippie peper

1 klein stukkie lamvleis

Metode

Was, skraap en sny die wortels en die aartappel in skyfies. Sny die ui in skyfies. Kook alles saam in kokende water vir ± 30 tot 40 minute, en voeg die sout by as dit amper gaar is. Voeg die botter en peper by. dien in ‘n warm skottel op.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.