On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Food

What's on the menu - Aartappelgebak

───   17:22 Thu, 20 Jul 2023

What's on the menu - Aartappelgebak | News Article

Met die weer wat die naweek ekstra koud raak, is sjef Maradine se resep gewaarborg om jou warm te hou.

Bestanddele

8 groot aartappels, geskil

45 ml olyf- of kookolie

125 g streepspek, gekap

1 middelslag ui, grof gekap

125 g sampioene, in skywe gesny

60 g botter

80 ml (45 g) koekmeelblom

400 ml melk

1 houer suurroom

10 ml gekapte vars of 3 ml gedroogde oreganum

200 ml (80 g) gerasperde cheddarkaas

1 ml sout en vars gemaalde knoffel

swartpeper na smaak


Metode

Kook aartappels in soutwater in ’n groot, swaarboomkastrol tot sag. Dreineer en hou eenkant.
Verhit olie in 'n medium, swaarboombraaipan en braai spek liggies. Voeg ui by en soteer vir 'n paar minute tot sag. Voeg sampioene by en braai vir 1 minuut. Verwyder van hitte.

Smelt botter in 'n medium swaarboomkastrol. Voeg meel by en roer oor lae hitte vir 1 minuut. Voeg melk by en kook oor matige hitte terwyl jy aanhoudend klits totdat sous glad is en verdik het. Verwyder van hitte en voeg suurroom, oreganum en geurmiddels by. Verkoel effens.

Sny aartappels in sowat 1 cm dik skywe. Pak die helfte van die aartappels in 'n gesmeerde groot oondbak. Bedek met die helfte van die spekmengsel en sprinkel die helfte van die kaas oor. Gooi die helfte van die sous oor, herhaal dan lae. Eindig met sous en sprinkel oorblywende kaas oor.

Bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 40 minute, of tot goudbruin bo-op.

Lees ook: What's on the menu – Onderstebo-uietert

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.