On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Food

What's on the menu – Onderstebo-uietert

───   17:41 Thu, 13 Jul 2023

What's on the menu – Onderstebo-uietert | News Article
Onderstebo-uietert

Sjef Maradine pak ’n TikTok-uitdaging aan met hierdie week se resep.

Bestanddele

1 vel gerolde skilferkorsdeeg

3 uie – geskil en in die helfte gesny van wortel tot punt

bietjie olyfolie

bietjie balsamiese asyn

vars tiemie

sout en peper

1 eier, geklits met 'n bietjie melk

1 houer roomkaas (kruie-geur)

Metode

Voorverhit die oond tot 170 °C (waaier) en voer 2 bakplate met waspapier uit.

Rol die skilferkorsdeeg uit en verdeel in agt ewe groot reghoeke – hou eenkant.

Drup ’n bietjie olyfolie op die bakplate waar jy die deeg gaan plaas.

Drup dan 'n paar druppels balsamiese asyn en sprinkel elke deel met sout en peper en 'n vars tiemie.

Plaas die uie op die olie/kruiemengsel. Ek het twee stukke per tertskyf gebruik.



Neem een reghoek  en smeer dit met 'n teelepel roomkaas. Plaas dit op die uie. Herhaal met die oorblywende deeg. Gebruik ’n vurk en maak kepe om die rante.

Smeer elke tert met die eiermengsel en bak vir 25 min of tot goudbruin. Laat dit vyf minute afkoel as dit uit die oond kom en draai dit dan om. Steek eers ’n mes tussen die tertkors en waspapier in om seker te maak dit sit nie vas nie.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.