On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Northridge Mall-marathon: 350 polisiebeamptes neem deel in Bloemfontein

───   HEIDRÈ MALGAS 08:19 Sat, 14 Sep 2024

Northridge Mall-marathon: 350 polisiebeamptes neem deel in Bloemfontein | News Article
Tshepo Aphane, sekretaris-generaal van die SAPD Nasionale Marathonvereniging. Foto verskaf

“Polisiebeamptes moet fiks bly omdat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves. Goeie liggaamlike gesondheid verseker lede kan optimaal werk, wat afwesigheid van die werk verminder en hul in staat stel om hul pligte te verrig.”

Meer as 300 polisiebeamptes van dwarsoor die land neem deel aan die 21 km-wedloop van die Northridge Mall-marathon.

“Die Northridge-marathon is aangewys as ’n wedloop wat ons kan gebruik vir ons nasionale kampioenskap in die Vrystaat,” sê Tshepo Aphane, sekretaris-generaal van die SAPD Nasionale Marathonvereniging. “Dis die Vrystaat se beurt om die jaarlikse SAPD Nasionale Marathon-kampioenskap aan te bied.”

Hy sê die wedloop Saterdag (13/9) sal help om die beste atlete te kies wat die organisasie nasionaal en internasionaal sal verteenwoordig. “Ons het nie spesiale opleiding vir die dag nie, maar lede gebruik Woensdag as sportdag binne die organisasie om hulself vir die geleentheid voor te berei.”

SAPD-lede by een van hulle vorige marathons. Foto verskaf

“Polisiebeamptes moet fiks bly omdat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves. Goeie liggaamlike gesondheid verseker lede kan optimaal werk, wat afwesigheid van die werk verminder en hul in staat stel om hul pligte te verrig.

“Ons mediese skema, Polmed, sorg dat lede gedurende die geleentheid veilig en versorg is,” sê Aphane. “Hulle hanteer meeste van die logistiek om seker te maak lede kan presteer sonder om oor ander dinge bekommerd te wees. Polmed is ’n mediese skema wat omsien na sy lede en hulle graag gesond en fiks wil sien.”

Hy sê hoewel dit ’n kompetisie tussen provinsies is, glo hy dit bevorder vriendskap deur sport. Soos met die Comrades-marathon, sal atlete mekaar van verskillende provinsies help deur die moeilike roetes om die eindstreep te bereik.

Polisiebeamptes moet fiks bly omdat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves. Foto verskaf

“Eindelik is ons op mekaar se ondersteuning aangewese om te verseker dat die SAPD as geheel nie ’n ‘DNF’ (did not finish) agter sy naam kry nie.”

“Ons het atlete wat op nasionale vlak deelneem en die organisasie op internasionale vlak verteenwoordig. Hierdie atlete gee nou terug aan hul spanne deur lede af te rig en hul fiksheid te monitor.”

Hy sê die atlete is baie gedissiplineerd wanneer dit kom by die balans tussen werk en opleiding. Beamptes sorg dat hul werk gedoen is en hul dossiere op datum is voordat hulle enige opleiding bywoon.

Blou masjien  oral te sien

Dit skep ook ’n goeie werksverhouding met hul bevelvoerders, wat weet dat daar geen probleme sal wees as hulle vir opleiding gaan nie. By die polisie is sport sekondêr en misdaadvoorkoming die hoofprioriteit.

“Ons sal die strate van Bloemfontein in blou verf. Die blou masjien sal oral sigbaar wees as deel van sigbare polisiëring. Dit sal die hoogtepunt van die wedloop wees. As ’n bonus sal dit wonderlik wees om ’n wenner van die polisie te hê, wat natuurlik moontlik is.”

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.