On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse leerlinge, ouers betoog oor skolevervoer

───   HEIDRÈ MALGAS 12:46 Fri, 06 Sep 2024

Noord-Kaapse leerlinge, ouers betoog oor skolevervoer | News Article
’n Bus het Donderdag (5/9) slegs die helfte van Opwag se leerders opgelaai. Foto verskaf

“Hierdie voorval beklemtoon dat leerders sedert middel Augustus nie skole kon bywoon nie weens die Noord-Kaapse onderwysdepartement se nalatigheid.”

Sommige Noord-Kaapse leerders sit reeds sedert middel verlede maand gestrand sonder skolevervoer.

’n Bus het Donderdag (5/9) slegs die helfte van Opwag, sowat 6 km noord van Groblershoop, se leerders opgelaai wat die Laerskool Uitsig, die Laerskool Groblershoop, en die Hoërskool Groblershoop bywoon en toe nie teruggekeer nie. Dis nie die eerste keer wat so iets gebeur nie. Leerders sukkel al 'n geruime tyd met die skool vervoer. 

Ontstoke ouers en kinders het hul misnoeë te kenne gegee deur paaie met rommel te versper en buitebande aan die brand te steek.

Ouers en leerders is ontevrede met die skool vervoer se diens. Foto verskaf

“Hierdie voorval beklemtoon dat leerders sedert middel Augustus nie skole kon bywoon nie weens die Noord-Kaapse onderwysdepartement se nalatigheid,” sê Priscilla Isaacs, provinsiale DA-woordvoerder oor onderwys.

Isaacs sê dis maar een van die probleme by die ZF Mgcaw- distrikskantoor wat die gehalte van onderwys affekteer. Sy beklemtoon die distrik moet tydige en veilige vervoer vir leerders verseker.

OFM Nuus het Donderdag (5/9) berig 13 van die 240 Noord-Kaapse skoolvervoeroperateurs is steeds nie vir Julie betaal nie.

Ontstoke ouers en kinders het op die paaie buitebande aan die brand gesteek. Foto verskaf

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement verskaf vervoer aan leerders wat 5 km of meer van hul naaste skool woon. Private vervoeroperateurs is onder maandelikse kontrakte tot Maart volgende jaar terwyl die departement hierdie ooreenkomste formaliseer.

“Die departement en diensverskaffers kom voor dienslewering ooreen oor die vervoer se tariewe,” het Geoffrey van der Merwe, onderwyswoordvoerder, gesê.

Isaacs het genoem die departement is bewus van die probleem en werk aan die oplossing van vervoerkwessies en om verlore skooltyd in te haal.

Abraham Vosloo, LUR vir onderwys in die Noord Kaap. Foto: Facebook

“Dit is onaanvaarbaar dat die departement steeds daarin faal om leerdervervoer behoorlik te bestuur. Dit is reeds ses jaar sedert die funksie verskuif is van die Noord-Kaapse departement van vervoer, veiligheid en skakeling na die Noord-Kaapse departement van onderwys, tog ly leerders steeds onder gereelde diensonderbrekings,” sê Isaacs.

Van Der Merwe sê daar is 446 roetes en 27 850 leerders word na en van die skool deur 240 vervoeroperateurs vervoer. Die diens bevoordeel 277 skole insluitend ses spesiale behoefteskole.

Die publiek word aangemoedig om enige probleme met leerdervervoer in hul gemeenskap by die departement aan te meld by 076 581 3757.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.