On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Twee vermeende veediewe naby Welkom aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:40 Sun, 15 Sep 2024

Twee vermeende veediewe naby Welkom aangekeer | News Article
Afgeleë opritte waar vee gelaai word, moet altyd gesluit of versper word. Foto: SAPS

“Die polisie het ’n wenk van ’n bekommerde inwoner ontvang oor vermoedelik gesteelde vee wat naby Oppenheimer Park Gholfbaan in Welkom versteek word.”

Twee mans van Welkom sal na verwagting Maandag (16/9) in die hof verskyn nadat hulle na bewering met gesteelde vee aangekeer is.

Beamptes van Welkom se eenheid vir openbare orde het Donderdag (12/9) ’n wenk van ’n bekommerde inwoner ontvang oor vermoedelik gesteelde vee wat naby Oppenheimer Park-gholfbaan in Welkom versteek word, sê kapt. Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die polisie het omstreeks 17:00 ’n klopjag uitgevoer op die plek waar hulle twee mans aangetref het wat ooreenstem met die beskrywing wat die informant gegee het. Beamptes het vyf beeste en vyf kalwers op die toneel ontdek. Volgens Thakeng het die mans geen dokumentasie gehad het vir die vee waarmee hulle gevind is nie.

Die polisie vra boere om die volgende veiligheidswenke toe te pas om hul vee te beskerm:

  • Verseker dat alle heinings en hekke in goeie werkende toestand gehou word.
  • Herstel gate in en onder heinings onmiddellik.
  • Eienaars moet nie net delegeer nie, maar ook beheer neem deur hul vee self te inspekteer.
  • Afgeleë opritte waar vee gelaai word, moet altyd gesluit of versper word.
  • Veekrale en -kampe moet beveilig wees.
  • In die beplanning van veekampe is dit raadsaam om die vorming van hoeke langs paaie te vermy omdat dit die ideale geleentheid vir veediewe skep om vee bymekaar te jaag en op te laai.
  • Wanneer jy ’n bykomende plaas koop, oorweeg dit om een wat naby jou woonplaas is aan te skaf.
  • Wees veral waaksaam wanneer daar ’n volmaan is, oor naweke en aan die einde of begin van ’n maand, of gedurende tydperke wat jy uit ondervinding weet veediefstal, oftewel slag vir die pot, plaasvind.
  • Ken jou bure.
  • Tel jou vee minstens weekliks.
  • Die byhou van ’n deeglike veeregister kan skaars beklemtoon word.
  • Merk jou vee! Gaan na jou plaaslike polisie se veediefstaleenheid waar aansoekvorms beskikbaar is en waar jy kan aansoek doen vir handelsmerksertifikate van die departement van landbou.
  • Veeboere moet hul vee behoorlik merk volgens die Wet op Diere-identifikasie verkieslik deur hulle te brandmerk.
  • Boere word aangeraai om in tegnologie soos kringtelevisiekameras te belê.
  • Indien jy vreemde diere of verdagte persone by ’n veepos opmerk, meld dit dadelik by die polisie en jou bure aan.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.