On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Baba se liggaam in vrieskas gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:06 Sat, 14 Sep 2024

Baba se liggaam in vrieskas gevind | News Article

“Die baba was reeds gevries en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

’n Vrou van Odendaalsrus sal na verwagting Maandag (16/9) in die hof verskyn ná die ontdekking van ’n baba se liggaam in ’n vrieskas.

Die huiseienaar van ’n huis in Kutloanong in die Vrystaat, het na bewering die pasgebore baba in ’n vrieskas gevind wat in ’n huurhuis op sy eiendom geleë was, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

‘ ’n Saak van verberging van geboorte is geopen’

“Die polisie op Odendaalsrus is Woensdag (11/9) omstreeks 09:00 na die toneel ontbied nadat hulle ’n klagte ontvang het oor ’n liggaam in ’n vrieskas.”

Die beamptes het die baba se liggaam in die vrieskas gevind, toegedraai in ’n sweetpakbaadjie en in ’n plastieksak. “Die baba was reeds gevries en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

Die baba se ma (27) was nie ten tye van die ontdekking by die huurhuis nie. ’n Saak van verberging van geboorte is geopen vir verdere ondersoek. Ná die begin van die ondersoek het die verdagte haarself op Donderdag 12 September aan die Odendaalsrus-polisie oorhandig.

In ’n ander voorval het die soektog na twee vermiste kinders van Springfontein tragies geëindig toe hul liggame in ’n vrieskas gevind is.

“Polisiebeamptes op dié Suid-Vrystaatse dorp doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die liggame van twee seuns Sondag (1/9) omstreeks 19:30 in ’n vrieskas gevind is,” het kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder, vroeër aan OFM Nuus gesê.

‘Die seuns is in hul vriende se ou vrieskas in die motorhuis gevind’

Volgens Earle was die twee seuns (6 en 7) blykbaar die laaste keer gesien toe hulle omstreeks 12:00 buite gespeel het. Familie en vriende het vergeefs heelmiddag en vroegaand na hulle gesoek voordat hulle as vermis by die polisie aangemeld is.

“Die seuns was by vriende ten tyde van die voorval en is in hul ou vrieskas in die motorhuis gevind,” sê Earle. Die seuns is op die toneel dood verklaar. Geen misdaad word vermoed nie.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.