On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Transitorooftog: Valke vra Vrystaters se hulp

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:27 Sun, 15 Sep 2024

Transitorooftog: Valke vra Vrystaters se hulp  | News Article
Die Valke se ondersoekers glo hierdie individu kan dalk kritieke inligting oor die rooftog hê. Foto verskaf

“Ondersoekers glo hierdie individu kan dalk kritieke inligting oor die transitorooftog verskaf.”

Die Valke in Bloemfontein is op soek na ’n individu wat kan help met ’n hangende saak.

Die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van ’n man wat die sleutel kan wees om ’n voortgesette ondersoek op te los, sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder.

“Die G4S-sekuriteitsbeamptes was glo Saterdag 8 Augustus op die N8 in die rigting van Thaba Nchu toe hulle na bewering deur gewapende verdagtes in drie voertuie gekonfronteer is: ’n blou/grys Mercedes-Benz, ’n wit Toyota-dubbelkajuit, en ’n wit Mercedes -Benz.”

‘Daar is ook op beamptes en passasiers in twee nabygeleë voertuie geskiet’

Volgens Singo is daar ook op ander veiligheidsbeamptes en passasiers in twee nabygeleë voertuie geskiet. Hulle het ongedeerd daarvan afgekom.

Die verdagtes het van die toneel gevlug sonder om iets te neem. Ondersoekers glo hierdie individu kan dalk kritieke inligting oor die transitorooftog verskaf. Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Babane Skota te kontak by 079-509-4998. Alle inligting sal streng vertroulik gehou word.

OFM Nuus het onlangs oor ’n ander geval berig dat die polisie in Thabong, Welkom, ook die publiek se hulp vra om ’n tienerseun op te spoor

Tlenki Pule (14) is Donderdag (12/9) laas gesien toe hy van die Laerskool Dagbreek af na sy huis in Thabong gestap het, sowat 10 km van sy skool af.

“Hy en sy neef het stry gekry oor taxigeld, toe die tienerseun besluit het om voet te slaan,” sê Stephan Thakeng, Goudveldse polisiewoordvoerder.

Volgens Thakeng het die seun nooit by die huis aangekom nie en ’n saak is geregistreer om die soektog na die vermiste seun te begin. Hy is laas in sy skooluniform gesien: ’n wit hemp, grys broek en rooi trui. Pule is lank, skraal en is lig van gelaat.

Enigiemand met inligting oor waar Tlenki hom bevind, moet Thabong se polisie bel by 082 848 8120 of Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.