On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater in aanhouding ná hy glo losbrand op sy vrou

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:05 Wed, 04 Sep 2024

Vrystater in aanhouding ná hy glo losbrand op sy vrou | News Article
Foto: iStock

"Die slagoffer beweer haar man het haar geskiet nadat hy haar van ’n buite-egtelike verhouding beskuldig het."

’n Man van Botshabelo moet weer Maandag (9/9) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn ná ’n voorval waarin sy vrou meermale geskiet is.

Thabo Sipko (43) het reeds vlugtig verskyn vir poging tot moord en sal in aanhouding bly vir ’n formele borgtogaansoek, sê sers. Sinah Mpakane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die polisie is die afgelope Saterdag omstreeks 20:30 ontbied ná ’n skietvoorval in ’n huis in Botshabelo sowat 45 km oos van Bloemfontein. Hulle het die vrou gevind wat met verskeie skietwonde op die vloer gelê het.

‘Sy is verskeie kere in haar bolyf geskiet’

Volgens Mpakane is Motshewa Sipko (43) na die Botshabelo-hospitaal geneem waar ’n dokter bevestig het sy is verskeie kere in haar bolyf geskiet. Haar toestand is stabiel. .

Sipko is op die toneel in hegtenis geneem en in die Boithuso-polisiekantoor in Botshabelo aangehou. Beamptes het op die toneel beslag gelê op ’n gelisensieerde vuurwapen met een patroon in die magasyn. Dit is as bewysstuk ingedien.

“Die slagoffer beweer haar man het haar geskiet nadat hy haar van ’n buite-egtelike verhouding beskuldig het,” sê Mpakane.

Volgens navorsing van die United Nations on Drugs and Crime is daar jaarliks ‘n toename in moorde waar jaloesie ‘n rol speel. 

‘Jaloesie kan lei tot wantroue’

Die persentasie vroue wat deur 'n intieme lewensmaat vermoor word, is vyf keer meer as dié van mans. In 2021 uit 'n geskatte 4 970 vroulike slagoffers van moord en nie-nalatige manslag het wetstoepassingsdata getoon 34% word vermoor deur iemand met wie hulle in 'n intieme verhouding was. Dit toon dat ‘n ernstige vorm van jaloesie kan lei tot wantroue, paranoia, mishandeling, fisieke geweld of moord.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.