On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Olympia Primêr in Heidedal heropen ná rassebetoging

───   KEKELETSO MOSEBETSI 15:36 Tue, 27 Aug 2024

Olympia Primêr in Heidedal heropen ná rassebetoging | News Article
Remington Louw, ’n Sanco-sekretaris en self ’n Olympia-ouer. Photo: Kekeletso Mosebetsi.

“Daar is ’n groot leergaping wat ons nog sukkel om te bekamp. Ons kan dus geen verdere verlies aan leer bekostig nie.”

Die Primêre Skool Olympia in Heidedal heropen Woensdag (28/8) nadat dit dae lank gesluit was weens soms gewelddadige protesoptrede deur ontstoke ouers en ander inwoners van dié Bloemfonteinse woonbuurt.

Die betogers het Maggie Lebakeng, waarnemende skoolhoof, daarvan beskuldig dat sy aanstootlike aanmekrings op Facebook gemaak en glo onder meer gesuggereer het dat “bruin leerders en ouers moet terugkeer na die Wes-Kaap waar hulle hoort”.

Die situasie het Vrydag (23/8) kookpunt bereik toe woedende ouers, gefrustreerd deur wat hulle as ’n gebrek aan reaksie van die owerheid beskou, die skoolterrein betree het.

‘Hulle het geëis dat Lebakeng onmiddellik die trekpas kry’

Onderwysers en leerders is belet om die skoolterrein te betree toe die betogers die ingang versper, gedreunsing en buitebande voor die skoolhek gebrand het. Hulle het geëis dat Lebakeng onmiddellik die trekpas kry.

Om plofbare situasie te ontlont, het dr. Mantlhake Julia Maboya, LUR vir onderwys, ouers en ander belanghebbendes Maandag versoek om die departement se vermoë te vertrou om regverdig en onpartydig ondersoek te doen na die bewerings teen die waarnemende skoolhoof.

‘Sy het die gemeenskap verseker dat die departement die bewerings ernstig opneem’

Sy het die belangrikheid daarvan beklemtoon om ontwrigtings van die akademiese kalender tot die minimum te beperk, veral gegewe die aansienlike leerverlies wat tydens die Covid-19-pandemie ervaar is.

“Daar is ’n groot leergaping wat ons nog sukkel om te bekamp. Ons kan dus geen verdere verlies aan leer bekostig nie,” sê Maboya.

Sy het die gemeenskap verseker dat die departement die bewerings ernstig opneem en daartoe verbind is om die saak binne die wetlike raamwerk van die land op te los.

Hy is skepties oor die departement se hantering van die situasie, het Remington Louw, ’n Sanco-sekretaris en self ’n Olympia-ouer, Vrydag aan OFM Nuus gesê. Die departement het nié die gemeenskap ingelig oor enige voortgesette ondersoek na Lebakeng se optrede nie; dis hoekom ouers voel hulle klagte val op dowe ore.

Louw het gesê nadat hulle met amptenare van die Vrystaatse onderwysdepartement vergader het, het ouers ingestem om die betoging te staak en leerders toe te laat om Woensdag (28/8) terug te keer skool toe terwyl ondersoeke voortduur.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.