On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Tydsbeplanning, ondersteuning rede vir Grey-topleerder se sukses

───   KAREN VAN DER BERG 15:01 Tue, 14 Jan 2025

Tydsbeplanning, ondersteuning rede vir Grey-topleerder se sukses | News Article
Chris Goosen (18), leerling aan Grey Kollege Sekondêr, wat nege onderskeidings in verlede jaar se matriekeindeksamen behaal het. Hy het die tweede meeste onderskeidings in die Vrystaat. Foto verskaf

Dit was ’n tuimeltrein-rit van laat aande.

So sê Chris Goosen (18), leerling aan Grey Kollege Sekondêr, wat nege onderskeidings in verlede jaar se matriekeindeksamen behaal het. Hy het die tweede meeste onderskeidings in die Vrystaat.

Chris het onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, Duits tweede addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe. Hy het uitgewerk sy gemiddeld is 94,3%. Chris sê hy voel baie verlig en baie dankbaar.

“My deurlopende sukses kan aan goeie tydsbeplanning toegeskryf word.” Hy sê hy het ’n baie besige program met veral baie kultuuraktiwiteite. Hy moes soms baie fyn beplanning doen om tyd te maak vir al sy akademie. “Maar alles het baie goed uitgewerk.”

Sy gunsteling vak was biologie en bly tot nou sy passie. Hy sê Duits was beslis ’n tweede plek.

Hy is baie dankbaar vir die voorreg om sy hele skoolloopbaan ’n leerling van Grey te kon wees. Hy het in graad R daar begin. “Grey het my beslis gehelp om die man te word wat ek vandag is.”

‘Studierigting in lyn met my gunsteling vak, biologie’

Chris gaan vanjaar medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. “My studierigting is in lyn met my gunsteling vak, biologie.”

Hy wil ook daarna verder spesialiseer. “Ek weet nog nie presies waarin nie, maar daar is nog tyd om te besluit.” Hy glo die feit dat hy Duits kon leer sal ook help indien hy dalk eendag in Europa wil gaan werk.

Chris se raad aan die nuwe matrieks is om van dag een af 120% te gee. “Maak ook staat op julle onderwysers. Hulle is die beste hulpbron wat mens kry. Ek sou beslis nie hierdie hoogtepunte kon bereik sonder die toegewyde span onderwysers wat bankvas agter my gestaan het nie.”

‘Alle eer aan die Here’

Sy stokperdjies is sy passie vir musiek, veral Afrika-instrumente waarmee hy lekker ritmes en melodieë kon verwerk. “Dit het dikwels gehelp om ’n goeie breuk van akademie te vat.”

Chris sê hoewel dit regtig lekker is om erkenning te kry, moet alle eer aan die Here gaan wat hom geseën en verserk het.

Hy is die enigste kind en sê sy ouers, Laura en Jacques, het hom rustig en gefokus gehou. “Sonder hulle sou ek dit beslis nie kon doen nie.”

• Nthabeleng Malakoane (18) van die Rantsane Sekondêre Skool in Qwaqwa het die meeste onderskeidings in die Vrystaat. Sy het 10. Die toppresteerder in die provinsie word Vrydagoggend bekendgemaak.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.