On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Vier familielede verbrand in vragmotor by Harrismith

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:41 Tue, 27 Aug 2024

Vier familielede verbrand in vragmotor by Harrismith | News Article
Polisiebeamptes het afgekom op die uitgebrande voertuig met net vier liggame daarin. Foto: OFM Nuus

“Die polisie het ’n dringende soektog na die vyfde insittende begin nadat afgekom is op die uitgebrande vragmotor met net vier liggame daarin.”

Die Vrystaatse polisie is op soek na die vyfde insittende van ’n uitgebrande vragmotor wat met vier onherkenbaar verbrande slagoffers daarin op die grondpad tussen Mabate en Tshiame B-Khalanyoni in Harrismith aangetref is.

Die gru-ontdekking is gemaak nadat ’n verbyganger die polisie gebel het van die toneel waar die vragmotor in ligte laaie gestaan het. Die vlamme was te hewig om te blus.

Beamptes kon vasstel die vragmotor behoort aan ’n man (35) van Makwane Village in Qwaqwa. Sy identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Free State police spokesperson Mmako Mophiring. Photo: X

Die man sou na bewering Maandag (26/8) na Tshiame B reis om sy drie kinders en vrou by haar skoonsuster se huis te gaan haal en hulle terug te neem na Qwaqwa, sê Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die man het sy huis in Makwane Village omstreeks 04:30 verlaat. Hy het Tshiame B sowat ’n uur later bereik om sy gesin op te laai: sy vrou (32), hul seun (10), hul dogter (8) en hul eenjarige.

‘Hoe die vragmotor aan die brand geslaan het, is steeds ’n raaisel’

Die gesin het in die pad geval na Qwaqwa, maar hoe die vragmotor aan die brand geslaan het, is steeds ’n raaisel. Polisiebeamptes het afgekom op die uitgebrande voertuig met net vier liggame daarin, sê Mophiring, wat gelei het tot ’n dringende soektog na die vyfde insittende.

Enigeen met inligting wat kan help om die vermiste persoon op te spoor of wat kan help met inligting oor die voorval, word gevra om Stop Misdaad te bel by 08600 10111 of hul naaste polisiekantoor te nader.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.