On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse matriekuitslae: ‘Dis die klein mylpale wat tel’

───   14:06 Tue, 14 Jan 2025

Noord-Kaapse matriekuitslae: ‘Dis die klein mylpale wat tel’ | News Article
Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul vier ’n rekord-slaagsyfer van 84,2%. Foto: Facebook

Die Noord-Kaapse matriekslaagsyfer het die meeste van alle provinsies in Suid-Afrika verbeter met die persentasie wat met meer as 8% toegeneem het.

Op die provinsiale bekendstellingsgeleentheid in Kimberley Dinsdag (14/1), het premier Zamani Saul ’n rekord-slaagsyfer van 84,2% gevier.

“Vandag kan ons met trots verklaar dat ons die vrugte pluk van jare se belegging in ’n stelsel wat ons glo die Noord-Kaap kan verander.  

“Die Klas van 2024 het merkwaardig goed gevaar en ons verwagtinge oortref. Dit is ook ’n aanduiding dat ons onderwysstelsel in die provinsie gestabiliseer het en ons sien ’n geleidelike verbetering in ons matriekuitslae jaar ná jaar.

“So, vir die provinsiale regering was 2024 ’n goeie jaar, en ons werk aan ’n selfs beter jaar in 2025. Om verskeie kleiner mylpale te bereik mag vir sommige onbeduidend lyk, maar vir ons en die mense van die Noord-Kaap is dit die klein mylpale wat tel.  


Die slaagsyfer vir 2024 het aansienlik gestyg met 8,39% van 75,8% tot 84,19%. Oor die afgelope vyf jaar is bestendige groei van 18,19% in die matriekslaagsyfer van 66% tot 84,19% gesien. 

“Alhoewel ons in posisie 9 bly, het ons ons teiken van 80% oortref en dit is ’n duidelike aanduiding dat ons goed op pad na die top is.”

Die provinsie het deur die jare lae slaagsyfers aangeteken, maar die provinsiale onderwysdepartement het standvastig gebly om dit te verbeter.


Siviwe Gwarube, die minister van onderwys, het tydens die bekendstelling Maandag die Noord-Kaap lof toegeswaai. 

“Dit is ook belangrik om by te voeg dat die Noord-Kaap die provinsie is wat die meeste verbetering getoon het. Die provinsie het met 8,3 persentasiepunte gestyg teenoor 2023.”  

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.