On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende ontvoerder aangekeer, verskyn vandag in Bloemfonteinse hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:00 Tue, 27 Aug 2024

Vermeende ontvoerder aangekeer, verskyn vandag in Bloemfonteinse hof  | News Article
Mamokete Jeminah Koloti. Foto: SAPD

“Die lasbrief vir inhegtenisneming is Woensdag (21/8) uitgereik vir Mamokete Jeminah Koloti (49) nadat ’n saak van ontvoering en roof by die Kagisanong-polisiekantoor aangemeld is.”

’n Vermeende ontvoerder en rower sal na verwagting Dinsdag (27/8) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

“Die lasbrief vir inhegtenisneming is Woensdag (21/8) uitgereik vir Mamokete Jeminah Koloti (49) nadat ’n saak van ontvoering en roof by die Kagisanong-polisiekantoor aangemeld is,” sê  lt.kol. Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“’n Taakspan onder leiding van kaptt. David Ramasoala en Kelaotswe Lebodi het die gesoekte verdagte douvoordag Sondag (25/8) aangekeer by haar skuilplek in Lourierpark, Bloemfontein.”

Mamokete Jeminah Koloti. Foto: SAPD

Die verdagte en talle manlike medepligtiges het na bewering op 20 Junie by ’n slagoffer (50) se woning in Chief Morokasingel aangekom. “Hulle het die slagoffer ontvoer en hom van sy besittings beroof,” sê sê Covane.

“Hulle het hom na ’n onbekende plek in die Bloemspruit Fase 6-gebied geneem waar hulle ook geld uit sy bankrekeninge onttrek het.”

Arthur Peter Adams, distrikskommissaris van die Mangaung-metro, raai die publiek aan om meevallers geheim te hou soos pensioenuitbetalings, Padongelukfonds-eise of geld wat in loterye gewen word omdat dit hulle kwesbaar kan maak vir misdadigers.

Intussen word ’n pastoor en sy vrou van Bethlehem steeds vermis nadat hulle Vrydag (23/8) na ’n konferensie op Parys vertrek het in hul wit Mercedes-Benz GLS met die persoonlike nommerplate “ALTAR FS”.

Phillip Mashudu en sy vrou, Elsie. Foto verskaf

Phillip Mashudu (55) en sy vrou, Elsie Mashudu (54), wat die huis in hul gesinsmotor verlaat het, het nooit by die konferensie opgedaag nie, het ao. Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder vroeër aan OFM Nuus gesê.

Phillip is die laaste keer gesien in ’n blou denim en Elsie het ’n swart denim en ’n swart trui aangehad. Die polisie vra enigiemand met inligting om lt.kol. Marius Nel, Bethlehem-speurbevelvoerder, by 082 526 2717 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.