On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Sanral maan motoriste om versigtig te ry op R59 tussen Parys en Sasolburg

───   ZENANDE MPAME 14:45 Fri, 13 Sep 2024

Sanral maan motoriste om versigtig te ry op R59 tussen Parys en Sasolburg | News Article
Ry versigtig op R59 tussen Parys en Sasolburg, maan Sanral. Foto verskaf

“Hierdie padprojekte sal ekonomiese groei versterk, toegang tot noodsaaklike dienste vergemaklik en provinsies beter met mekaar verbind.”

Motoriste tussen Parys en Sasolburg word versoek om verkeerstekens en gespesifiseerde spoedbeperkings te gehoorsaam tydens herstelwerk aan die R59.

Die herverseëling van die teer en slaggatherstelwerk is ’n gesamentlike projek tussen Civil Lab, die Sentrale Universiteit van Tegnologie en die departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer wat verlede week begin het.

“Die CUT CiviLab-herstelmetode is een van die maniere waarop die instelling tegnologiese oplossings tot voordeel van die gemeenskap aanwend,” sê prof. Elizabeth Theron praktiese implementeringsbestuurder. “Die projek dien ook as indiensopleiding vir ons studente.”

Met die projek se bekendstelling in November verlede jaar is 550 werksgeleenthede vir jong mense geskep en ’n uiteindelik doelwit van 650. Die program is begin om paaie te herstel en infrastruktuuruitdagings in die provinsie die hoof te bied.”

Premier Maqueen Letsoha-Mathae het tydens die opening van die provinsiale wetgewer gesê dat 568,75 km se paaie na Sanral oorgeplaas is vir verbeterings. “Ná voltooiing van die program sal hierdie padprojekte ekonomiese groei versterk, toegang tot noodsaaklike dienste vergemaklik en interprovinsiale konnektiwiteit verbeter.”

Sy sê verder dat die Vrystaatse regering oor verskeie probleme met Sanral beraadslaag het, onder meer dat die agentskap ’n kantoor in die provinsie moet inrig. “En omdat ons die pas aangee, sal Sanral binnekort ’n kantoor in elke provinsie hê.” 

Van die paaie wat opgeknap gaan word, is die R26 van Ladybrand na Bethlehem, die R34 van die Vrystaatse se noordwestelike grens tot by die KwaZulu-Natalse grens, en die R74, wat Harrismith met KwaZulu-Natal verbind.

Die opgradering van hierdie roetes sal ’n reusehupstoot bied aan die streeksekonomie en paaie in die omgewing se dravermoë aansienlik verhoog, sê Dumisani Nkabinde, Sanral se Oos-streeksbestuurder. “Dit sal nie net padgebruikers bevoordeel nie, maar ook plaaslike gemeenskappe in die vorm van werksgeleenthede en klein besighede deur subkontraktering.”

Intussen sal herstelwerk aan die R70 tussen Rosendal en Senekal na verwagting teen Desember afgehandel word. Motoriste word aangeraai om die S1227 en S665 as ompaaie te gebruik; ’n spoedbeperking van 60 km/h geld vir die 30 km lange grondompad.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.