On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-polisie vra hulp om tiener op te spoor

───   HEIDRÈ MALGAS 14:26 Fri, 13 Sep 2024

Welkom-polisie vra hulp om tiener op te spoor | News Article
Tlenki Pule (14) is Donderdag (12/9) laas gesien. Foto verskaf

“Sosialemediagebruikers vra waarom daar nie ’n ordentlike foto van Tlenki beskikbaar is nie.”

Die polisie in Thabong, Welkom, vra die publiek se hulp om ’n tienerseun op te spoor

Tlenki Pule (14) is Donderdag (12/9) laas gesien toe hy van die Laerskool Dagbreek af na sy huis in Thabong gestap het, sowat 10 km vanaf sy skool.

Die polisie sê hy en sy neef het stry gekry oor taxigeld, toe die tienerseun gesluit het om voet te slaan, sê Stephan Thakeng, Goudveldse polisiewoordvoerder.

‘Hy is lank, skraal en is lig van gelaat’

“Hy het nooit by die huis aangekom nie en ’n saak van vermiste persoon is geregistreer om die soektog te begin. Hy is laas gesien in sy skooluniform aan: ’n wit hemp, grys broek en rooi trui.

“Hy is lank, skraal en is lig van gelaat.”

Sosialemediagebruikers wil weet waarom geen ordentlike foto van Tlenki beskikbaar is nie.

‘Ek hoop en bid hierdie seuntjie word veilig gevind’

Angela Campbell sê met dié dat kinders so dikwels in Suid-Afrika as vermis aangemeld word, behoort skole jaarliks ’n foto van elke leerder te neem en aan hul lêer te heg. “Ek hoop en bid hierdie seuntjie word veilig gevind en herenig word met sy gesin,” voeg sy by.

’n Ander gebruiker vra of die foto wat aan die polisie verskaf is, die beste is wat hulle het, aangesien die foto nie regtig sy gesig toon nie en sy oë toe is.

Volgens die Wes-Kaapse regering se webtuiste moet ’n mens ’n onlangse, duidelike foto van iemand saamneem na die polisie wat jy as vermis wil aanmeld. Die persoon moet maklik identifiseerbaar wees.

Enigiemand met inligting oor waar Tlenki hom bevind, moet Thabong se polisie bel by 082 848 8120 of Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.