On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: Gevoel van afwagting by stemlokale in Noordwes

───   DANE BEISHEIM 10:30 Wed, 29 May 2024

#OFMElectionWatch: Gevoel van afwagting by stemlokale in Noordwes | News Article
Kiesers wag geduldig buite hul stemlokaal. Foto: Dane Beisheim

“Noordwes-studente wil vir ’n regering stem wat in onderwys belê en werkskepping sal vooropstel om die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug aan te spreek.”

Kiesers in Noordwes se hoofstad, Mahikeng, het vanoggend stadigaan hul weg na hul onderskeie wyke se OVK-stemlokale begin baan om hul kruisies te trek.

Ten spyte van die vroeë oggendure was daar ’n gevoel van afwagting terwyl die burgers in die tou staan om hul demokratiese reg uit te oefen.

Erns Kleynhans van die VF+ in Noordwes het met Dane Beisheim gesels oor probleme wat ondervind is in die provinsie.

Een van die kiesers sê hy is gretig om sy stem te laat hoor en ’n verskil te maak aan die toekoms van die land.

Nog ’n voornemende kieser, wat die Mmabatho Hoërskool-stempunt besoek het, hoop dat die verkiesing ‘n wending in die land se sukkelende ekonomie sal bring.

Dit was die jeug van Suid-Afrika wat in die verlede gehoor gegee het aan die oproep vir ’n opstand teen die apartheidsregering en wie se lewens tydens die Sharpeville-slagting in 1960 kortgeknip is. 

Maar hoe voel die jeug vandag oor die politieke bedeling in die land? Noordwes het amper 40 000 geregistreerde kiesers tussen die ouderdomme van 18 en 19 jaar. 

OFM Nuus se Dane Beisheim en Kekeletso Mosebetsi het ’n besoek aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gebring om met studente te gesels oor die politieke landskap waarin hulle hulle bevind.



Een van die kernvraagstukke wat die jeug motiveer om in vanjaar se verkiesing te stem, is verbeterde toegang tot onderwys en werksgeleenthede.

Studente van die Noordwes-Universiteit het hul begeerte uitgespreek om vir ’n regering te stem wat in onderwys belê en werkskepping sal vooropstel om die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug die hoof te bied. 

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi en Dane Beisheim mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.