On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Hartswater-man vermoor glo swanger vriendin

───   HEIDRÈ MALGAS 11:23 Wed, 29 Nov 2023

Hartswater-man vermoor glo swanger vriendin | News Article

“Hulle het begin baklei en die beskuldigde het sy vriendin verskeie kere met ’n mes gesteek.”

’n Man van Hartswater in die Noord-Kaap het in die distrikshof op aanklag van moord verskyn nadat hy glo sy swanger vriendin met ’n mes doodgesteek het.

Faith Davids (29) was Saterdag (25/11) omstreeks 03:30 saam met haar niggie by hul huis nadat hulle by ’n kroeg was, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder. Sobressa Bosman (27), die beskuldigde, het kort daarna by hulle aangesluit en ’n woordewisseling het ontstaan.

“Hulle het begin baklei en die beskuldigde het sy vriendin verskeie kere gesteek. Die slagoffer is na die hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.”  Hy is kort daarna in hegtenis geneem.

Die verhoor begin Maandag (4/12) wanneer die beskuldigde waarskynlik aansoek om borgtog sal doen. Die staat staan sy borgtog teen. Bosman bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

OFM Nuus/Heidré Malgas    Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.