On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

‘Dankie dat julle die land seën met iets só rein’ soos Klein Kwagga

───   CORNÉ GREYVENSTEIN 15:48 Tue, 21 Nov 2023

‘Dankie dat julle die land seën met iets só rein’ soos Klein Kwagga | News Article
Klein Kwagga en Bernice West. Foto: Facebook

“Hierdie spesiale dag het só baie vir my beteken! Die Here was definitief vandag tasbaar in hierdie ontmoeting.”

“Iets wat vir my uitgestaan het, is die lig wat uit hom, sy ouers en sy sussie straal. Hy sit hier en hou sy sussie se hand vas tydens die onderhoud. Ons harte het gesmelt. Dankie dat julle die land kon seën met iets só rein en ek het opnuut besef die voorbeeld begin by die huis…”

Dirkco en sy sussie Elizma, tydens ’n onderhoud in Bernice West se man, Jannes Erasmus, se restaurant WESTcafé. Foto: Facebook 

Die Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Bernice West en Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen, beter bekend as Klein Kwagga, kon Maandag uiteindelik saam op ‘Lyfie’ dans nadat ’n video waar hy die kollig steel op sy sussie Elizma se danskonsert, al minstens drie miljoen keer gekyk is. 


Boerboel Wear ken ook ’n klein ambassadeurtjie as hulle een sien, en het Klein Kwagga en sy familie met ’n leersak, vellies, klere en ’n geskenkbewys by Pretoria FM bederf.


Die dansskool René's Art of Dance het Saterdagaand hul jaareindkonsert in die EnDeo Familiekerk in Benoni gehou en René McGeer, die eienaar, het vooraf die dansers se boeties en sussies genooi om op die maat van Bernice West se 'Lyfie' op die verhoog te gaan dans. Dié sewejarige se danspassies voor sy sussie se konsert het onverwags die kollig gesteel. Daar was glo ’n pakkie chips en ’n sjokolade op die spel.

Klein Kwagga het net daar besluit en besef hy kan een van sy helde – Robbie Wessels – se dansskoene volstaan en doen wat vir hom lekker is, om mense te laat lag. Sy ouers, Mercia en Jaco Jansen van Nieuwenhuizen, is verstom oor die meer as drie miljoen keer wat sy video al gekyk is, waarskynlik sonder één negatiewe kommentaar. 

Dirkco se sussie Elizma (12) gun haar boetie elke oomblik van roem en is baie trots op haar student. Dit is by háár wat hy sy danspassies leer – en boonop het sy deur hom ook nou haar heldin ontmoet.


Dirkco is in gr. 1 en Elizma is in gr. 6 in die Gekombineerde Skool Balfour. Die gesin boer in die distrik met vleisbeeste, asook mielies en soja. Jaco se bynaam is Velle, wat dan ook Klein Kwagga se liefde vir sy vellies verduidelik. In Desember is hy ook een van nege wat sy televisiedebuut in die derde seisoen van kykNET se gewilde reeks, Kyk wie praat maak.

Bernice West, Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, is oorspronklik van Noordwes afkomstig. Sy het op 13 Maart 2020 haar eerste enkelsnit ‘Sonop-Blom’ uitgereik. Sy het bekendheid verwerf as naaswenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks Maak My Famous. Sy het intussen verskeie treffers gehad, onder meer ‘Lyfie’. Die afgelope naweek is die grootste kunstenaars in Suid-Afrikaanse by die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer. Bernice het met die Beste Pop-toekenning vir haar 2022 album ‘Jona’ weggestap.



Op haar vraag aan Klein Kwagga oor hoe hy al sy nuwe aanhangers sal wil aanmoedig, antwoord hy om plat op die aarde te bly en die Here te dien.

“Hierdie spesiale dag het só baie vir my beteken! Die Here was definitief vandag tasbaar in hierdie ontmoeting,” het Bernice haar belewenis op Facebook beskryf.

OFM Nuus/Corné Greyvenstein

 


 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.