On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Dapper boervrou sterk goed aan ná aanval

───   08:22 Tue, 15 Aug 2023

Dapper boervrou sterk goed aan ná aanval | News Article
Rita Jordaan van Heuningspruit sterk goed aan. Foto: Facebook

Dit gaan onder die omstandighede goed met Rita Jordaan (73) nadat sy Saterdagoggend in haar plaashuis by Heuningspruit aangeval is.

So sê haar skoonseun, Gideon Zeelie van Kroonstad. Sy is een van die dapperste mense wat hulle ken, sê hy. Sy het tydens die aanval 3,5 km ver kaalvoet geloop na die buurplaas om hulp te kry. Dit is waar die bure se plaaswerker haar gevind het en onder ’n katbos weggesteek het om haar veilig te hou.

Zeelie vertel sy skoonma het Saterdagoggend buitentoe gegaan om haar ganse kos te gee. Twee mans het haar in die waskamer ingewag. Die mans het haar regtig baie seergemaak, sê Zeelie. Hulle het haar op die grond neergegooi. Haar ribbes is gekneus, haar gesig en mond was vol bloed en haar arm het gebreek.  Hulle het haar glo vasgebind en daar gelos.

Jordaan kon haarself bevry en het gevlug om hulp te soek. Dit is op die bure se plaas waar die plaaswerker, Jack, haar gevind het en haar versteek het en die polisie gebel het.

Zeelie sê behalwe vir Jack is die familie baie dankbaar vir die hele gemeenskap en die polisie se hulp. Die plaaswag en omliggende boere het vinnig gereageer en die verdagtes begin soek. Daar was binne ’n halfuur tientalle boere wat kom help het. Daar is ook polisiehelikopters en hommeltuie ingespan om met die soektog te help.

Rita Jordaan. Foto: Facebook

Jordaan se eksman, Wessels, woon ook op dieselfde werf, maar in ’n woonstel. Hy is ongedeerd. Daar word vermoed die aanvallers het nie geweet waar hy was nie.

Geen verdagtes is nog aangekeer nie.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het die aanval bevestig en gesê die polisie ondersoek die saak.

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.