On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie ondersoek stasiebevelvoerder

───   TSHEHLA KOTELI 13:21 Thu, 03 Aug 2023

Vrystaatse polisie ondersoek stasiebevelvoerder | News Article
Skermgreep van die Twitter-video.

’n Senior span polisiebeamptes is aangestel om aantygings te ondersoek waarby die stasiebevelvoerder van die Ventersburg-polisiekantoor na bewering betrokke is.

Die ondersoek kom nadat ’n video op sosiale media versprei is van kapt. Francois Odendaal, die stasiebevelvoerder, wat ’n man in ’n tronksel ingooi. In die betrokke video sê die stasiebevelvoerder hy neem die man – die EFF se ondervoorsitter van die Lejweleputswa-streek, Rasake Ntauli – in hegtenis weens die aanranding op ’n polisiebeampte. Een van die mense in die agtergrond sinspeel egter daarop dat die stasiebevelvoerder nie eerlik is nie.



Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die voorval het Vrydag (28/07) plaasgevind. “Die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, het mense aangestel om die saak vanuit ’n interne en misdadige perspektief te ondersoek.” 

Die polisieverklaring lui: “In die video word beweer dat ’n man hardhandig deur die stasiebevelvoerder behandel is.”

Daar word beweer dat die stasiebevelvoerder Ntauli in hegtenis geneem het nadat hy na die stasiebevelvoerder se kantoor gegaan en hom begin rondstoot het. Die saak word intern ondersoek en die nodige stappe sal gedoen word, indien nodig.

Die twiet beweer dat Ntauli verlede week Vrydag die moord op ’n swart plaaswerker gaan aanmeld het, maar hy is gearresteer. Na bewering verswyg Odendaal dade van brutaliteit wat swart boere teiken.


In ’n ander video word die stasiebevelvoerder gesien met ’n geweer, terwyl ’n groep mense skree: "Skiet weer!"

"Polisielede moet altyd dienooreenkomstig optree. Indien die lid enige dissiplinêre regulasies oortree het, sal hy ingevolge ons dissiplinêre regulasies hanteer word. Polisiebeamptes moet ook hul pligte uitvoer en nie deur die gemeenskap geïntimideer, versteur of aangerand word nie. Dit is ’n misdaad. Die saak sal met die dringendheid hanteer word wat dit verdien," sê Motswenyane.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.