On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners van Ngwathe se probleme met water, elektrisiteit vererger

───   TSHEHLA KOTELI 12:36 Thu, 15 Jun 2023

Inwoners van Ngwathe se probleme met water, elektrisiteit vererger | News Article

Die afgelope maande was droog en donker vir inwoners van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in Parys, omdat hulle steeds sukkel sonder water en elektrisiteit.

Karien Viljoen van die plaaslike aksiegroep Save Ngwathe sê ondernemings en hospitale kry swaar weens die aan- en afskakeling van water- en elektrisiteitstoevoer in die gebied. Verskeie gebiede in Parys is dae lank sonder water en elektrisiteit.

Van die informele nedersettings is al drie jaar sonder water en dele van Tumahole in Parys is vir minstens sewe jaar sonder elektrisiteit. “Hoe verwag die munisipaliteit dat mense moet oorleef, hoe kan ondernemings oorleef?”

LEES OOK: Ngwathe Municipality to permanently address water issues

Sy sê daar is verlede jaar met Save Ngwathe begin toe hulle vir minstens vier dae nie nie elektrisiteit gehad het nie. “In hierdie munisipaliteit, wanneer daar nie elektrisiteit is nie, sal daar geen water wees nie, omdat daar geen kragopwekkers vir die watersuiweringsaanleg of vir die rioolaanleg is nie.”

Sy sê hulle het probeer om by die munisipaliteit uit te kom om hulp aan te bied. “Ons het ingestem om elke Dinsdag vergaderings te hou om die wateruitdagings te bespreek, maar die afgelope tyd stel die munisipaliteit altyd die vergaderings uit of kanselleer. Die laaste vergadering wat ons gehad het, was twee maande gelede.”

Cliff Graham het ’n mediaverklaring uitgereik waarin hy beweer dat die munisipaliteit ’n hofbevel ignoreer. “Daar word beweer dat die munisipaliteit verskeie vergaderings met Eskom gehad het oor hoe hulle beplan om hul skuld te delg. Volgens Graham het hulle ’n ooreenkoms vir betaling gesluit, maar die munisipaliteit het hom nie tot die plan verbind nie.

LEES OOK: R17 billion owed to Eskom by Free State Municipalities

Daar is voorheen berig dat pogings aangewend sal word om water permanent te herstel in Tumahole en ander gebiede wat met watervoorsiening sukkel. Dit was volgens die woordvoerder van die munisipaliteit, Steve Nale. 

OFM Nuus het vroeër berig dat inwoners van Tumahole in Parys erg geraak is omdat daar nie watertenkwaens beskikbaar is nie.

Nale het gesê die watersituasie in munisipaliteit is erg weens verouderde infrastruktuur en ’n groeiende bevolking. Hy het gesê die munisipaliteit het begin met alternatiewe maatreëls wat sal verseker dat inwoners nie in die toekoms permanent deur waterprobleme geraak word nie.

Die munisipaliteite Ngwathe, Maluti-A-Phofung en Matjhabeng skuld Eskom baie geld. ’n Navraag is aan die munisipaliteit gestuur.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.