On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Werkloosheid in Noord-Kaap neem af

───   16:28 Wed, 01 Mar 2023

Werkloosheid in Noord-Kaap neem af  | News Article

Data wat deur Statistieke Suid-Afrika oor die jongste kwartaallikse indiensnemingspeiling vir die vierde kwartaal van 2022 vrygestel is, wys die Noord-Kaap het 'n afname van 4,3% aangeteken.

Die Noord-Kaap se werkloosheidsyfer staan nou op 22,1%.

Suid-Afrika as ‘n geheel het ‘n marginale afname van 0,2 persentasiepunte aangeteken, met die werkloosheidskoers nou op 32,7%.

‘n Jaar vantevore, toe die land nog aan inperkings in die vierde kwartaal van 2021 onderhewig was, was werkloosheid op sy rekordvlak van 35,3%.

Noord-Kapenaars wat werkloos is, sê die afname bied min troos. SABC-nuus het met die 20-jarige Mojalefa Mofu, wat kos in die strate van Kimberley verkoop om aan die lewe te bly, gesels.

Mofu sê hy het ophou werk soek.

“Ek verkoop nou kos omdat ek, nadat ek skool voltooi het, werk gesoek het [maar ek kon nie werk kry nie]. My toekomsplanne was om ’n sokkerster te word en my eie houtwerkmaatskappy te open,” sê hy.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.