On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Is die verhoging van toelaes goed vir SA se ekonomie?

───   HEIDRÈ MALGAS 14:08 Mon, 14 Nov 2022

Is die verhoging van toelaes goed vir SA se ekonomie? | News Article

Die verhoging van kinderondersteuningstoelae vir weeskinders is die regering se jongste belegging, wat daarop gemik is om ’n beter lewe te skep vir kinders wat in armoede leef, sê Lindiwe Zulu, Minister van Maatskaplike Ontwikkeling.

Minister Zulu het opgemerk dat dit belangrik is om te noem dat die Kinderondersteuningstoelae nie 'n nuwe toelae is nie.

Die Efficient Group-ekonoom, Dawie Roodt, sê hy is bevrees dat die staat se finansies so diep in die moeilikheid is dat selfs die huidige uitgawes net eenvoudig nie meer bekostigbaar is nie.

“Ons moet ons huidige vlakke van kostes sny as ons wil hê dat die staat se finansies nie verder uitmekaar val nie. En ek is ook bevrees dat ‘n verdere verhoging in die onderskeie oordragte nie die afhanklikheid van die staat gaan verhoog nie,” vertel Roodt.

Hy sê ook dat hierdie net ‘n tydelike tipe oplossing is en die werklike oplossing is dat die ekonomie vinniger moet groei. Daar moet maatreels in plek gestel word om sterker ekonomiese groei tot gevolg te hê, want ons kan dit nie bekostig om meer as 30 miljoen mense een of ander vorm van ‘n oordrag te gee nie.

“Die staat en die belastingbetaler kan dit eenvoudig net nie meer bekostig nie, maar terselfdertyd moet 'n mens ook besef dat daar letterlik miljoene mense in die land is wat arm is en nie kan oorleef sonder hierdie tipe oordrag nie,” sê Roodt.

Verder sê hy dat die enigste langtermyn-oplossing ekonomiese groei is, maar hy is bevrees die huidige makro-ekonomiese beleid wat ons in Suid-Afrika het, gaan nie daartoe lei dat die ekonomie uiteindelik groei nie.  

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het maatskaplike toelaes in Oktober 2022 verhoog. Begunstigdes van die R350 SRD-toelae sal ook bly wees om te weet dat die R350-toelae vir nog 'n jaar verleng is.

Toelaes het slegs met 'n klein persentasie toegeneem om maatskaplike bystand aan Suid-Afrikaanse burgers te administreer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.