On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Dood van Noordwes-student raak gemeenskap diep

───   HEIDRÈ MALGAS 11:32 Fri, 17 Jun 2022

Dood van Noordwes-student raak gemeenskap diep | News Article
PHOTO: Facebook

Die dood van die 23-jarige student, Onkgopotse Kgeletsane, van die Noordwes-Universiteit, het die gemeenskap diep geraak.

Christopher Motabogi, woordvoerder vir die Noordwes-Universiteit, sê Kgeletsane is dood in sy kamer by die James Moroka-huis op die Mahikeng-kampus gevind.

Hy vertel dat sy dood die Noordwes-Universiteit (NWU) se gemeenskap diep geraak het. Kgeletsane was 'n tweedejaar Publieke Administrasie-student.

Volgens polisiewoordvoerder, Amanda Funani, soek die polisie in die Noordwes na verdagtes wat moontlik verbind kan word met sy dood.

Motabogi vertel verder om ‘n deeglike ondersoek van die saak te verseker, sal die instelling voortgaan om alle nodige ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ondersoekspan te verskaf en verder met die SAPD saam te werk.

“Ons is bewus van die verslae en bespiegelings rondom Onkgopotse se dood, en ons doen 'n beroep op almal om die SAPD genoeg tyd te gee om hul ondersoeke af te handel en toepaslik verslag te doen,” het Motabogi bygevoeg.

Hy vertel verder dat die NWU Studentevoorligtingspan sedert die tragedie toepaslike ondersteuning aan medestudente en inwoners van die koshuis bied.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.