On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Arts

Woordfees-kortverhaalbundel sluit wenner uit Sentraal-Suid-Afrika in

───   09:00 Tue, 24 Sep 2024

Woordfees-kortverhaalbundel sluit wenner uit Sentraal-Suid-Afrika in | News Article
Die talentvolle plaaslike skrywer Martelize Faber. Foto verskaf

“Sy is ’n onderwyseres van Jacobsdal met ’n liefde vir stories vertel.”

Twee-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die negende Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel. Yolanda Maartens gesels met Martelize Faber van Jacobsdal oor haar liefde vir stories.

Die talentvolle plaaslike skrywer Martelize Faber het onlangs opslae gemaak toe haar kortverhaal gekies is vir vanjaar se Woordfees-bundel. Sy is ’n onderwyseres van Jacobsdal met ’n liefde vir stories vertel, wat ontstaan het uit haar eie gesin se liefde vir stories lees en vertel. Yolanda leer ken haar bietjie beter in die OFM Kunsteklop. 

 


Die bundeltitel is altyd dieselfde as die Stellenbosch Woordfees-tema. Vanjaar is dit Speel, wat aansluit by die spontaneïteit en vryheid waarmee skrywers aangemoedig word om die kompetisie te benader.

“Die Easy Equities Skrywersfees is steeds die hart van die Woordfees en die kortverhaalkompetisie die juweel in die Woordfees-kroon. Wat ’n plesier en voorreg om weer vanjaar soveel nuwe stories te ontvang wat die Afrikaanse leefwêreld verdiep en verbreed en ’n literêre tydsdokument is,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees.


In 2023 het Martelize “Daar’s ’n towerponie in my bed” saam met LAPA bekendgestel.

Die eerste Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel, Bly, het in 2016 verskyn. Sedertdien het vier ander soortgelyke bundels die lig gesien. Ál ses bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang.

Die ervare uitgewersredakteur Suzette Kotzé-Myburgh was vanaf die eerste Woordfeeskortverhaalbundel die sameroeper van die keurpaneel. Sy verduidelik as volg wat hierdie projek uniek en besonders in die landskap van die Afrikaanse letterkunde maak:

“Die Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel is uniek in die opsig dat nuwe skrywers en gevestigde skrywers op gelyke voet meeding – omdat die keuring volkome anoniem geskied, is die speelveld werklik gelyk vir alle deelnemers. 


In 2012 het sy lesers aan Mika die mier voorgestel.

Maak gerus kontak met Martelize op Instagram: https://www.instagram.com/martelizefaber/?hl=en

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.