On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Arts

Aardklop: Colette Lotz leef met haar kop in die wolke

───   10:10 Thu, 12 Sep 2024

Aardklop: Colette Lotz leef met haar kop in die wolke | News Article

“Kykers word aangemoedig om na te dink en die lewe vanuit ’n spirituele oogpunt te beskou.”

Cumulonimbus is ’n reeks kunswerke deur die Potchefstroomse kunstenaar Colette Lotz. Hierdie reeks is gegrond op foto’s van wolke en die gebruik van Rorschach-inkvlektoetse om psigologiese welstand te verken. 

Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop.

Lotz se doel is om kykers aan te moedig om na te dink en die lewe vanuit ’n spirituele oogpunt te beskou. Die opbou van vog in cumulonimbus-wolke – en die gevolglike storms – simboliseer emosionele onweer en tree in gesprek met die tema silo’s. 

Deur gebruik te maak van sekere titels en verborge simbole, vestig die werke aandag op die binêre konsepte van goed en kwaad, lewe en dood, en eindtydtekens.

Colette Lotz. Foto verskaf

Die uitstalling vind plaas by die NWU-galery in Potchefstroom vanaf 24 - 28 September, daagliks van 09:00 – 17:00. Toegang is gratis. Sluit gerus aan by een van die begeleide toere:

24 Sept. 11:00

26 Sept. 11:00

Volg dié skakel vir die volledige Aardklop-program.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.