On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Yellow Door

Antoinette Louw deur die sleutelgat

───   06:00 Wed, 03 Apr 2013

Antoinette Louw deur die sleutelgat | News Article

Antoinette Louw is 'n bekroonde aktrise wat in Bloemfontein gematrikuleer en studeer het. Sy is veral bekend om haar rolle in Nag, Ma; Dis ek, Anna; en Die vagina monoloë. Binnekort is sy ook te sien in Deon Meyer se fliek, Die laaste tango.


Watter sintuig speel die grootste rol in jou lewe
My sig.

Beste kinderherinnering
Daar is so baie, maar dalk ek en my boetie en ouers wat in Amerika sneeumanne bou.

Death row maaltyd
Vars gebakte roosterkoek met plaasbotter en appelkooskonfyt. Melktert vir nagereg.

Jou grootste tekortkoming
Wens ek was meer dikvellig!

Kosbaarste besitting
Het nie so iets nie, altans nie in die materiële konteks nie.

Wat verveel jou
My belasting.

Die trotsste oomblik van jou lewe
Toe ek kon ski sonder om te val.

Noem een ondeug
Rassisme.

Wat maak jou bang
Rassisme.

In watter land, buiten SA sou jy graag wou woon en hoekom
Wil in geen ander plek in die wêreld bly as hierdie wonderlike, kleurvolle en komplekse land nie! Ek aanvaar die goeie en die slegte.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.