South Africa
Oudminister in hof weens beweerde korrupsie─── 10:07 Tue, 04 Feb 2025
’n Oudminister (47) van die staatsveiligheidsagentskap verskyn Dinsdag (4/2) in die Kaapstadse landdroshof ná sy inhegtenisneming vroeër die oggend op aanklagte van korrupsie.
Luidens berigte het die beskuldigde in September en Oktober 2017 ’n lid van die destydse Portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings genader.
Embattled former ANC MP, Bongani Bongo is back in the dock today in the Cape Town Magistrate's Court. This comes four years after his controversial acquittal by then-Judge President John Hlophe. #eNCA #QuestionThinkAct #NewsLink pic.twitter.com/CSWET6qI5J
— eNCA (@eNCA) February 4, 2025
Die beskuldigde wou na bewering ’n vergadering belê om die volgende sitting te voorkom waar die Eskom-direksie verantwoording sou moes doen. Eindelik het die verdagte op dié vergadering gesê dat die portefeuljekomitee, wat saam met die Eskom-direksie sit, nie kon voortgaan soos beplan nie, maar dit sou wel moontlik wees as die lid sy prys (“gratifikasie”) noem.
#sapsHAWKS Former Minister of State Security Agency (47) is to appear in the Cape Town Magistrate’s Court today, 4 February 2025, following his arrest this morning for alleged corruption charges.
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) February 4, 2025
It is reported that during September to October 2017, the accused approached a… pic.twitter.com/HVen48RjH9
Die beskuldigde, ’n oudlid van die nasionale vergadering, is vroeër, as lid van die uitvoerende bestuur en kabinet, as die minister van staatsveiligheid beëdig, ’n amp wat hy tot 28 Mei verlede jaar beklee het. Hy is nie langer ’n parlementslid nie.
Alle parlementslede is onderworpe aan ’n etiese kode en alle ander etiese gedrag en verpligtinge wat voortspruit uit die Grondwet, die Wet op Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteit van die Parlement en Provinsiale Wetgewers (No. 4 van 2004), en die Voorkoming en Bestryding van die Korrupte Aktiwiteitswet, 12 van 2004.
[WATCH] "...The state says the person is discharged, if you want to pursue the matter further, you may be at the border of getting personal or abusing the powers you have." - ANC MP Bongani Bongo responding to
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) May 12, 2024
questions on his discharged corruption case. #Newzroom405 pic.twitter.com/0rqbgpqb8G
“Die direktoraat sal steeds sy mandaat uitvoer sonder vrees, guns of vooroordeel,” sê lt.genl. SG Lebeya, nasionale Valke-hoof. Hy loof die nasionale ondersoekspan na ernstige korrupsie en moedig die vervolgingspan aan om te verseker reg geskied in belang van alle Suid-Afrikaners.
OFM Nuus mc