On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Baaise egpaar bedrieg vrou se maatskappy glo uit R3,5 miljoen

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 05:00 Wed, 11 Dec 2024

Baaise egpaar bedrieg vrou se maatskappy glo uit R3,5 miljoen | News Article
Die egpaar het saamgesweer om die maatskappye te bedrieg. Foto ter illustrasie

’n Egpaar van Gqeberha kom na verwagting Donderdag (12/12) voor nadat die vrou na bewering haar werkgewer met haar man se hulp uit meer as R3,6 miljoen bedrieg het.

Lawrence en Shantel Scharneck (albei 41) moet in die Baaise handelshof verskyn nadat hy verlede Woensdag, kort nadat hy aangekeer is, borgtog van R5 000 toegestaan is, sê Ndiphiwe Mhlakuvana, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder. Die Valke het haar reeds op 29 November in hegtenis geneem.

Shantel, ’n krediteureklerk by die firma Lithotech, het glo tussen Januarie 2021 en Augustus verlede jaar meermale kamma-bestellings per e-pos by die verskaffer Kolok South Africa geplaas, vertel Mhlakuvana.

‘Fakture, stelsel glo aangepas om met rekonsiliasie ooreen te stem’

Nadat Kolok die bestellings, kompleet met ’n nagemaakte bestelvorm van haar maatskappy, verwerk het, het Lawrence dit afgehaal. In sommige gevalle is dit by hul woning of selfs by Shantel se werkplek afgelaai.

Shantel sou na bewering die fakture en Lithotech se boekhoudingstelsel aanpas om met die verskaffer se rekonsiliasie ooreen te stem nadat die bestellings gelewer is. “As deel van haar werk het (sy) die state voorberei saam met fiktiewe konsiliasie, wat skynbaar korrek was en so op die stelsel gelaai is,” sê Mhlakuvana.

‘Hy het na bewering goedere namens Lithotech by Kolok gaan haal’

Die gevolg van dié beweerde bedrog was dat Lithotech meermale vir Kolok betaal het vir die goedere wat Shantel na bewering vir haarself bestel het. Tydens ouditering is verskeie teenstrydighede raakgesien, waarna dit aan die Valke gerapporteer is.

Hul ondersoek het aan die lig gebring dat Lawrence nóg vir Lithotech nóg vir Kolok gewerk het, maar na bewering meermale goedere namens Lithotech by Kolok gaan haal het. Nadere ondersoek dui daarop dat die egpaar saamgesweer het om die maatskappye te bedrieg, wat Lithotech ’n verlies van meer as R3,5 miljoen laat ly het.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.