On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Vonnis van Noord-Kapenaar wys erns van geweld teen vroue, kinders

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:24 Thu, 28 Nov 2024

Vonnis van Noord-Kapenaar wys erns van geweld teen vroue, kinders | News Article
Foto: iStock

Oorlewendes van geslagsgeweld word aangespoor om dié misdade aan te meld sodat reg kan geskied.

’n Noord-Kapenaar, Geraldo van Rooyen (23), is ná nege maande tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan poging tot verkragting, sê sers. Molefi Shemanejpoas, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Van Rooyen het op 24 Februarie omstreeks 02:19 die slagoffer (24) se huis op Keimoes binnegegaan en probeer om haar te verkrag.” Haar man het om hulp geroep, waarna Rooyen gevlug het, sê Shemanejpoas.

Die man ken Van Rooyen en het hom vergeefs agternagesit. Die slagoffer het die voorval die volgende dag aangemeld, en die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem.

Sowat 60% van alle moorde word deur ’n lewensmaat of ander familielid gepleeg. Foto: Canva

Van 25 November tot 10 Desember vat Suid-Afrikaners hande met die res van die wêreld om deel te neem aan die VN se jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders.

Volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies oor vrouemoord word ’n vrou of meisie elke tien minute in Afrika deur haar lewensmaat of ’n familielid vermoor. Sowat 60% van alle moorde word deur ’n lewensmaat of ander familielid gepleeg.

Vrouemoorde wêreldwyd hoog

In die verslag, “Femicides in 2023: Global Estimates of Intimate Partner/Family Member Femicides”, word onthul dat vrouemoorde – die mees ekstreme vorm van geweld teen vroue en meisies – wêreldwyd hoog bly.

Plaaslik is die bevindinge van die eerste doelgerigte Suid-Afrikaanse studie oor die voorkoms van geslagsgeweld in al nege provinsies bekendgestel, ’n week voor die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue Maandag (25/11) herdenk word.

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het Maandag (18/11) die eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Studie oor Geslagsgeweld (2022) in Gauteng aan Sindisiwe Chikunga, minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, oorhandig en vrygestel aan die publiek.

33,1% van alle vroue in Suid-Afrika bo 18 het al fisieke geweld ervaar. Foto: Canva

Nompumelelo Zungu, adjunk- uitvoerende direkteur van die RGN, wys daarop in die studie is bevind 33,1% van alle vroue in Suid-Afrika bo 18 het al fisieke geweld ervaar.

“Dit kom neer op meer as 7 310 389 vroue wat fisieke geweld in hul leeftyd ervaar het. Lewenslange fisieke geweld was aansienlik hoër onder swart vroue, op 35,5%, in vergelyking met vroue van ander rassegroepe,” sê Zungu.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.