On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Man van Noord-Kaap aangekeer wat hom as prokureur voordoen

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:59 Sat, 19 Oct 2024

Man van Noord-Kaap aangekeer wat hom as prokureur voordoen | News Article
Foto: Pixabay

’n Noord-Kapenaar staan tereg op verskeie aanklagte nadat hy hom glo as ’n prokureur voorgedoen het.

Freddie Van Wyk (46) van Rosedale word daarvan beskuldig dat hy slagoffers in arbitrasiesake verteenwoordig en hulle vir sy dienste ’n fooi gevra het, sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

“Hy het na bewering die slagoffers mislei deur te beweer hy is ’n Numsa-lid wat gemagtig is om individue in arbitrasiesake te verteenwoordig." Speuders van Rosedale het Van Wyk Woensdag (16/10) in hegtenis geneem. 

Volgens Masegela het verdere ondersoeke getoon Van Wyk is nie ’n regsverteenwoordiger of ’n Numsa-lid nie. Hy het mense glo tussen De Aar en Upington met die slenter gevang.

‘Daar word vermoed nog mense is deur hom ingedoen’

Hy sal Woensdag (23/10) weer in die hof verskyn op sewe aanklagte van geldwassery en een van kubermisdaad en sal dan ook aansoek om borgtog doen.

Masegela sê daar word vermoed nog mense is deur Van Wyk ingedoen. Enigiemand met meer inligting kan sers Tshepo Morwaagae, ondersoekbeampte, by 082 260 0443 of 054 337 0126.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.