On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Hoe om kinders besig te hou op langpad

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:46 Wed, 16 Oct 2024

Hoe om kinders besig te hou op langpad | News Article
Mag jou gesin se vakansie plesierig vir almal. Foto: Creazilla

As jy ’n gesinsvakansie beplan is een van die kopsere dalk hoe om kinders op die lang pad te vermaak.

Sodra jy hoor "Is ons al daar?" probeer een van die volgende idees om hul verveling hok te slaan, jou kinders te vermaak en jou van hoofpyn te red, berig The Mom Hour.

Aktiwiteite om kinders op die langpad besig te hou.

  • Skatkis. Kry jou kinders om jou te help om ’n boks of plastiekhouer met allerhande skatte in te pak. Oorweeg ’n plakkerboek, klein speelgoed, lekkernye – enigiets wat hulle besig kan hou. As hulle help besluit wat daarin moet gaan sal die opgewondenheid vir die langpad opbou. Hulle sal ook minder geneig wees om te kla.
  • Reisjoernaal. Maak kinders opgewonde oor wat om te verwag deur vir hulle ’n leë boek te gee om te vul met tekeninge, notas en enigiets anders wat hulle op die reis versamel, soos byvoorbeeld strokies of verpakkings. Dit is ’n spesiale manier vir hulle om hul herinneringe te versamel en hulle besig te hou!

Daar is baie interessante maniere om kinders op reis besig te hou.Foto: The Mom Hour

  • Uurlikse geskenke en lekkernye. Ongelukkig raak jong kinders vinnig verveeld. Probeer dus baie lekkernye inpak wat hulle elke uur kan oopmaak. Stel ’n alarm en hulle sal in afwagting wag vir die volgende een!
  • Peuselhappies. Alle kinders hou van peuselhappies, maar in plaas daarvan om vir hulle ’n peuselhappie te gee waaraan hulle gewoond is, maak dit interaktief. Maak byvoorbeeld ’n armband van die eetgoed wat hulle kan dra en aan peusel.

Verpak hul eetgoed op nuwe maniere. Foto: Pin page

  • Teken op motorvensters.  Gebruik iets wat jy maklik kan afvee en laat hulle toe om op die motorvensters te teken.
  • Klei of plakkers. ’n Eenvoudige skinkbord kan kinders se verbeelding aanwakker terwyl hulle dit met plakkers versier of dit gebruik om met klei te speel. 

Gebruik plakkers om skinkborde te versier. Foto: The Mom Hour

Volgens Prime is tweens in daardie tussen-stadium, wat dit ’n uitdaging maak om die regte ding te vind om hulle te vermaak.

  • Interaktiewe toepassings. Sommige tweens sal dalk hul oë rol as hulle net na die skerm moet staar en niks doen nie. Gee hulle eerder ’n bietjie meer van ’n uitdaging, soos ’n speletjie of ’n vasvra. Of, nog beter, ’n storie waar hulle kan kies wat volgende gebeur.
  • Magnetiese bordspeletjies. As jou kinders speletjies wil speel, kies die wat magnete het om te verhoed dat hulle ontsteld raak wanneer dinge wegraak of in die motor beland.
  • Raaisels. Tweens sal dit dalk geniet om die gesin uit te daag met dieselfde raaisels nadat hulle dit uitgevind het. Die voorkoms van trots op hul gesigte sal onskatbaar wees wanneer hulle dit regkry!

Leer hulle padtekens tydens die reis. Foto: YouTube

Ouer kinders is die minste geneig om aan gesinsaktiwiteite deel te neem en kan gou geïrriteerd raak met hul sibbes.

  • Musiek of oudioboeke en oorfone. Jou ouer kinders sal waarskynlik die gelukkigste wees wanneer hulle van alles anders in die motor kan afskakel en in hul eie wêreld kan gaan. Ky ’n paar goeie stel oorfone en ’n foon met musiek of oudioboeke.
  • Boeke. Of dit nou Harry Potter of Twilight is, as jy vir hulle ’n hele reeks gee om deur te lees, sal dit hulle lank besig hou.
  • Polaroid-kamera. Kry vir jou tiener ’n polaroid-kamera sodat hulle herinneringe kan vasvang. Die kamera se foto’s is binne sekondes beskikbaar. Hulle kan selfs ’n plakboek begin deur hierdie foto's saam met ander aandenkings van die reis te plak.

Laat tieners op ander maniere foto's neem. Foto: iStock

  • Inkleur. Hoewel jy dalk dink inkleurpotlode is slegs vir jonger kinders, het dit ’n gewilde en baie ontspannende aktiwiteit vir alle ouderdomme geword, en jou tiener sal dit beslis geniet. Nog beter, hulle kan dit doen terwyl hulle na musiek of oudioboeke luister.

Musiek is altyd ’n wenner! Maak ’n speellys met almal se gunstelingliedjies en speel dit tydens die rit.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.