On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

Vier verdagtes in hof ná kaping en ontvoering van Bethlehemse pastoor, vrou

───   HEIDRÈ MALGAS 11:58 Fri, 30 Aug 2024

Vier verdagtes in hof ná kaping en ontvoering van Bethlehemse pastoor, vrou | News Article
Past. Phillip Mashudu en sy vrou, Elsie, is Maandagaand in Everton gevind. Foto: Facebook

“Past. Phillip Mashudu (55) en sy vrou, Elsie Mashudu (54), is Maandagaand ongedeerd in Everton gevind nadat hulle drie dae vantevore as vermis aangemeld is.”

Die vier verdagtes in die kaping en ontvoering van ’n Bethlehemse pastoor en sy vrou moet weer Woensdag (4/9) in die landdroshof op Sasolburg verskyn.

Tony Zwelethu Mahlangu (31), Andile Memane (31), Thabiso Gabriel Makoe (34), Xolani Sydney Ntsomi (41) bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning, sê Lorraine Earle, polisiewoordvoerder.

Past. Phillip Mashudu (55) en sy vrou, Elsie Mashudu (54), is Maandagaand ongedeerd in Everton in Gauteng gevind nadat hulle drie dae vantevore as vermis aangemeld is.

Die verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering en kaping. Foto verskaf

Die egpaar se voertuig is die vorige dag in Sebokeng gevind, maar hulle was nêrens te sien nie. Ná verdere ondersoeke het die provinsiale taakspan drie verdagtes in Sharpeville in hegtenis geneem.

“Die span het hard gewerk in hul soektog en Maandag het ’n deurbraak gelei het tot die inhegtenisneming van drie mense in Sharpeville,” sê Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘Beamptes het beslag gelê op verskeie bankkaarte’

Nog ondersoeke deur die span het hulle gelei na ’n huis in Everton waar ’n vierde verdagte aangekeer is en die egpaar gevind is. Beamptes het beslag gelê op verskeie bankkaarte, ’n aansienlike bedrag kontant en ’n speelgoedgeweer.

Mashudu en sy vrou het Bethlehem verlede Vrydag verlaat in hul wit Mercedes-Benz GLS om ’n kerkkonferensie op Parys by te woon, maar hulle het nooit opgedaag nie. Die voertuig is twee dae later in Sebokeng gevind.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.