On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

10 maniere om eierdoppe te gebruik

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:52 Mon, 02 Sep 2024

10 maniere om eierdoppe te gebruik | News Article
Moenie jou eierdoppe weggooi nie. Foto. iStock

"Eierdoppe kan help om jou wit klere witter te maak."

Ons gooi eierdoppe weg sonder om twee keer te dink. Dit kan op verskeie slim maniere gebruik word wat verrassende voordele vir jou huis en tuin inhou.

Hier is tien nuttige gebruike vir eierdoppe wat jou twee keer sal laat dink voor jy dit weggooi. 

  • Tuinkunsmis: Gebreekte eierdoppe is ’n uitstekende toevoeging tot jou tuingrond. Dit bevat kalsium en help om plante te voed en groei te bevorder. Breek die doppe en sprinkel dit om jou plante se stam. 
  • Plaagbeheer: Eierdoppe kan as ’n natuurlike afskrikmiddel vir slakke en selfs katte dien. Strooi fyngemaakte doppe in jou tuinbeddings en sien hoe dit die ongewenste besoekers weghou.
  • Komposversterker: Om eierdoppe by jou komposhoop te voeg kan die gehalte daarvan verbeter. Eierdoppe help om die pH van die kompos te balanseer en verryk dit met waardevolle voedingstowwe.

Eierdoppe sal slakke uit jou tuin hou. Foto: Gardenista

  • Skropmiddel: Gebreekte eierdoppe werk goed as ’n skuurskoonmaker. Meng dit met ’n bietjie seepwater om potte, panne en ander oppervlakke te skrop sonder om skrape te veroorsaak.
  • Gesigmasker: Vir ’n natuurlike skoonheidsbehandeling, maal eierdoppe tot ’n fyn poeier en meng met eierwitte om ’n afskilferende gesigmasker te maak. Smeer dit aan jou vel, laat dit droog word en spoel af vir ’n gladder gelaat.
  • Wit klere: Voeg ’n lapsakkie gevul met fyngemaakte eierdoppe by jou wasgoed om vlekke te verwyder en klere witter te maak.
  • Natuurlike dreinskoonmaker: Gemaalde eierdoppe kan help om jou pype skoon te hou. Meng die doppe met warm water en skottelgoedseep en gooi dan in die verstopte afvoerpyp. Skrop die oorblyfsels weg.

Eierdoppe kan ook in ’n gesigmasker gebruik word. Foto: Amazon.in

  • Kalsiumaanvulling vir mense en troeteldiere:  Maal eierdoppe tot ’n fyn poeier en sprinkel ’n klein hoeveelheid oor jou troeteldier se kos. Voeg die poeier by smoothies of gebak of sprinkel dit oor jou kos. Dis ’n maklike manier om ekstra kalsium by jou én jou diere se dieet te voeg vir sterk bene en tande.
  • Tamatieplante: Dit floreer op ekstra kalsium. Voeg fyngemaakte eierdoppe in die gat as jy dit plant of sprinkel dit om die stamme om gesonde groei te bevorder.
  • Voëls: Hulle kort kalsium vir hul eie eierdoppe. Steriliseer en kneus eierdoppe. Meng dit met voëlsaad vir ’n kalsiumryke bederf vir die geveerdes. .

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.