On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

Eskom beplan somer sonder beurtkrag

───   06:00 Wed, 28 Aug 2024

Eskom beplan somer sonder beurtkrag | News Article

“Ons behoort ’n gemaklike somer te hê.”

Eskom voorsien dat Suid-Afrika ’n “beurtkragvrye somer” sal geniet as hy daarin slaag om onbeplande verliese by kragstasies onder 13 000 MW te hou.

Dit is volgens die kragvoorsiener se Groep Hoof Uitvoerende Beampte (GCEO), Dan Marokane, wat die media oor die stand van Eskom en sy somerplan ingelig het.

“Ons siening is dat as ons die onbeplande verliese onder 13 000 MW hou, ons ’n beurtkragvrye somer behoort te hê. Op die ergste verwag ons dat, indien onbeplande verliese 15 500 MW bereik, ons hoogstens Fase 2-beurtkrag sal ervaar.

“Die prestasie oor die afgelope vier maande was konsekwent danksy onbeplande verliese wat tot 12 000 MW beperk kon word. Ons kragstasiebestuurders en ons spanne is baie bewus daarvan.

“Hulle fokus daarop om onbeplande verliese te beheer en, sou ons onder 13 000MW bly, behoort ons ’n gemaklike somer te hê,” verduidelik Marokane. Hy voeg by dat daar in die komende maande verwag word dat meer opwekkingskapasiteit aanlyn vanaf kragstasies beskikbaar sal wees.

“Daardie 2500MW [bykomende kapasiteit] sal aansienlike marges tot ons reserwes toevoeg en sodra ons dit het, tesame met die volgehoue prestasie wat ons sien, behoort ons vroeër in die Nuwejaar, teen Maart, in gesprek te tree oor wanneer ons in wese kan aandui dat uit ons perspektief, beurtkrag op die chroniese vlak wat dit was, nou agter die rug is,” sê Marokane.


Hy neem kennis van die dramaties verbeterde generasieprestasie, maar waarsku dat die vlak van prestasie deur die hele besigheid volgehou moet word.

“Daar was ’n strukturele verskuiwing in die prestasie van ons steenkoolvloot. Daardie strukturele verskuiwing word bewys in die vermindering van onbeplande onderbrekings … en uit die prestasie van 152 dae sonder beurtkrag.”

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.