On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

Hoër kragpryse tref huurders van maatskaplike behuising swaar

───   ZENANDE MPAME 12:09 Sat, 24 Aug 2024

Hoër kragpryse tref huurders van maatskaplike behuising swaar | News Article
Foto ter illustrasie: Design Indaba SA

“Lae-inkomstehuurders moet beskerm word teen die voorgenome kragtariefverhoging aangesien hulle dit nie sal kan bekostig nie.“

Die Nasionale Vereniging van Maatskaplike Behuising (Nasho) doen ’n beroep op die regering om alternatiewe vir die maatskaplikebehuising-sektor te oorweeg rakende die moontlike 40%-kragtariefverhoging.

Huurders en maatskaplikebehuising-ontwikkelaars moet beskerm word teen die voorgenome verhoging aangesien hulle dit nie sal kan bekostig nie.

“Tans word huurders van maatskaplike behuising hoegenaamd nie teen die hoë koste van munisipale dienste beskerm nie, insluitend die buitensporige prys van elektrisiteit,” sê Karabelo Pooe, Nasho-hoofbestuurder.

Foto ter illustrasie: Dezeen.com

“Dit ondanks die feit dat ongeveer 35 tot 40% van maatskaplikebehuising-huurders minder as R6 700 per maand verdien en dus as hulpbehoewendes behoort te kwalifiseer. Omdat hulle egter hul huise deur 'n ‘institusionele verhuurder’ verhuur, kan hulle nie aansoek doen om hulpbehoewendevoordele nie.

“Dit beteken dat hoewel hulle in werklikheid behoeftig is, daar van hulle verwag word om hul lewenskoste te finansier sonder die vangnet van hulpbehoewendesubsidies,” sê hy.

Talle bekostigbarebehuising-huurders wat voldoen aan die inkomstemaatstawwe wat hulle as behoeftig kwalifiseer, sukkel om aansoek te doen om die voordele daarvan te ontvang weens rompslomp.

'Behoeftiges behoort voordele te ontvang'

“Hetsy iemand sy eiendom besit, by ’n private verhuurder huur, of in maatskaplike behuising woon, as hulle as behoeftig kwalifiseer, behoort hulle die voordele te ontvang wat daarmee gepaardgaan.

“Tans word ’n groot kontingent van maatskaplikebehuising-huurders egter van hierdie voordele uitgesluit en sal selfs kwesbaarder gemaak word deur die inwerkingtreding van die 40%-elektrisiteitstariefverhoging.

“Dit beteken hoewel hulle in werklikheid behoeftig is, daar van hulle verwag word om hul lewenskoste te finansier sonder die vangnet van hulpbehoewendesubsidies.”

Dra by tot regering se prioriteite 

Maatskaplike behuising is ’n staatsgesubsidieerde huurbehuisingsprogram wat gerig is op lae- tot middelinkomste-huishoudings wat tussen R1 850 en R22 000 per maand verdien.

Die doel van maatskaplike behuising is om by te dra tot die nasionale prioriteit van die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse samelewing om strukturele, ekonomiese, sosiale en ruimtelike wanfunksionaliteite die hoof te bied.

OFM Nuus/ Zenande Mpame mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.