On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste herstel ná kuberaanval

───   05:02 Thu, 22 Aug 2024

Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste herstel ná kuberaanval | News Article
Nasionale laboratoriumdienste is herstel ná kuberaanval. Foto: iStock

“Ná die onlangse voorval het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, die entiteit aangemoedig om beslissende stappe te doen om sy inligtingstelsels teen toekomstige bedreigings te versterk.”

Die departement van gesondheid het die herstel van alle dienste by die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens bevestig ná 'n kuberaanval in Junie vanjaar.

Die kuberaanval het gelei tot ’n groot agterstand in die verwerking van laboratoriumtoetse by alle openbare gesondheidsgeriewe, wat langer wagtye vir toetsuitslae veroorsaak het.

Dit het ook daartoe gelei dat Gauteng van privaat laboratoriums gebruik moes maak vir noodgevalle en kritieke toetse.

Planne is aan die gang om toekomstige onvoorsiene ontwrigtings te voorkom en te bestuur, sê Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid. “Ná die onlangse voorval het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, die entiteit aangemoedig om beslissende stappe te doen om sy inligtingstelsels teen toekomstige bedreigings te versterk.

“Hierdie verbeterings weerspieël sy toewyding om die hoogste standaarde van dienslewering te handhaaf. Ons is besig om ons stelsels te versterk om te verseker dat enige toekomstige uitdaging met minimale ontwrigting van noodsaaklike bedrywighede die hoof gebied word, wat ons in staat stel om steeds kritieke gesondheidsdienste aan die land te verskaf met vertroue en integriteit.”

OFM Nuus het voorheen berig die NHLS het met innoverende maniere vorendag gekom om toetsuitslae van historiese TB- en MIV-tellings aan dokters beskikbaar te stel.

Prof. Koleka Mlisana, die NHLS se uitvoerende hoof, het destyds gesê aan die diensleweringskant (toetsing) funksioneer alle laboratoriums, hoewel die verskaffing van toetsresultate aan dokters ’n uitdaging bly.

“Onder normale omstandighede word die laboratoriumverslae outomaties gegenereer en aan dokters op WebView beskikbaar gestel, hierdie voorval het daardie funksionaliteit gedeaktiveer. Alle dringende resultate word egter telefonies aan versoekende dokters gekommunikeer,” het Mlisana gesê.

Mohale het ten tye van die kuberaanval gesê dit het ’n outomatiese funksie vir die stuur van laboratoriumresultate gedeaktiveer. Mohale sê alles word nou met die hand gedoen. “Waar dit tien minute geneem het vir die dokter om ’n pasiënt te diagnoseer, neem dit tot 20 minute weens die stelsel wat ons nou moet gebruik.”

“Dit is ’n krisis waaraan tans aandag gegee word met die dringendheid wat dit verdien.” 

OFM Nuus cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.