On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

9 jaar ná VBS-bedrog: Meesterbrein tot 495 jaar gevonnis, moet 15 uitdien

───   09:50 Thu, 11 Jul 2024

9 jaar ná VBS-bedrog: Meesterbrein tot 495 jaar gevonnis, moet 15 uitdien | News Article
Die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifiwa Matodzi. Foto: X

“Hy het skuld beken op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.”

Die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifiwa Matodzi, is tot 495 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die instelling se ineenstorting.

Matodzi (47) is in 2020 in hegtenis geneem te midde van ’n ondersoek na die plundering van R2 miljard by die nou ontbinde bank.

Hy het skuld beken op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Die hof het beveel dat die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word, ’n stap wat meebring dat hy 15 jaar in die tronk sal deurbring.

Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit. “Hierdie uitkoms beklemtoon die verbintenis van die Valke en die regstelsel om individue aanspreeklik te hou vir hul dade, veral dié wat die finansiële sektor en openbare vertroue aansienlik benadeel,” het Mogale gesê.

“Die Valke bly standvastig in sy strewe na geregtigheid en om te verseker dat sulke oortredings nie ongestraf bly nie.”

In 2018 het die Suid-Afrikaanse Reserwebank 'n verslag oor die bank se ineenstorting vrygestel, waarin uiteengesit word hoe 53 individue tussen 1 Maart 2015 en 17 Junie 2018 meer as R2 miljard van die bank geplunder het.

Van die beskuldigdes sluit munisipale amptenare en diensverskaffers in.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.