South Africa
Woolworths herroep grondboontjiebotterroomys─── 08:46 Sat, 24 Feb 2024
“Alle ander Woolworths-produkte wat grondboontjiebotter bevat, insluitend ons reeks grondboontjiebotter, bly 100% veilig vir verbruik.”
Die kleinhandelgroep Woolworths het sy grondboontjiebotterroomys met onmiddellike effek herroep, met verwysing na moontlike gesondheidsrisiko’s.
Enkele weke geled ehet die Nasionale Verbruikerskommissie verskeie grondboontjiebotterhandelsmerke van die rakke laat verwyder. Die grondboontjiebotter-handelsmerke sluit in Dischem's Lifestyle, Wazoogles Superfoods, Pick n Pay se No Name Brand, en Eden All Natural.
Die vervaardiger die kommissie ingelig van hoër as wetlik aanvaarbare vlakke van aflatoksien, wat die handelsmerke onveilig gemaak het vir menslike gebruik. Aflatoksien is kragtigste karsinogeen wat in voedsel voorkom
In ’n verklaring wat Vrydag uitgereik is, het die JSE-genoteerde kleinhandelaar Woolworths gesê net die grondboontjiebotterroomys word herroep. “Alle ander Woolworths-produkte wat grondboontjiebotter bevat, insluitend ons reeks grondboontjiebotter, bly 100% veilig vir verbruik.”
Die groep het gesê die grondboontjiebotter is vir Aflatoksien getoets en gevind dat dit veilig is vir verbruik. “Aflatoksiene kom natuurlik voor en moet in baie groot hoeveelhede verteer word om giftig te wees vir mense.
Woolworths is recalling Peanut Butter Dairy Ice Cream with immediate effect. Only our peanut butter ice cream is being recalled. All other Woolworths products containing peanut butter, including our range of Peanut Butter, remains 100% safe for consumption. pic.twitter.com/UBFy4wUqm3
— Woolworths SA (@WOOLWORTHS_SA) February 23, 2024
“Sedert die aanvanklike herroeping deur ander in die bedryf aangekondig is, het Woolworths stelselmatig alle sekondêre produkte wat grondboontjiebotter bevat, soos koekies, souse, pretzels, energiestafies en roomys, beoordeel.
“Dit is gedoen as ’n voorsorgmaatreël om te verseker dat al ons produkte aan ons streng kwaliteitstandaarde voldoen. As gevolg van hierdie proses is bevind dat Woolworths se grondboontjiebotterroomys aflatoksienvlakke bevat wat die wettige perk oorskry, ons verwyder ;dit dus van rakke,” het die groep gesê.
Klante wat die produk gekoop het, kan dit na hul plaaslike winkel terugbesorg vir ’n volle terugbetaling.
OFM Nuus cg