On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Derick Hougaard ‘maak sy oë oop, reageer op vrae’

───   16:40 Thu, 22 Jun 2023

Derick Hougaard ‘maak sy oë oop, reageer op vrae’ | News Article
Nádine en Derick Hougaard in gelukkiger tye. Foto: Facebook

Die sangeres Nádine skryf op Facebook Derick Hougaard het sy oë oopgemaak en reageer op vrae.

“Met ongelooflike dankbaarheid kan ons met julle deel: Derick het sy oë oopgemaak!” skryf sy.

Volgens haar kan hy nie praat nie weens pype wat in sy keel is. “Hy het pyn en hy is verskriklik moeg, maar ons is onbeskryflik dankbaar en opgewonde dat hy sy oë oopgemaak het.”

“Daar is ander komplikasies waarvoor hy steeds behandeling kry.” Maar volgens haar het sy infeksietelling afgeneem, asook die koolstofdioksied in sy bloed, en het sy suurstofinname verbeter.

Sy het haar dankbaarheid uitgespreek vir al die gebede, geloof en liefde.

Nadine het Dinsdag by dié foto op Facebook geskryf: “Ou dirks was darem nog altyd lief daarvoor om my pette, brille en parfuum te gaps. Dan dink hy hy lyk vreeslik oulik en ruik die beste in Pretoria.”

Nádine het op 10 Junie op ’n bewustelose Hougaard, voormalige Springbok-losskakel en die Blou Bulle se “Liefling van Loftus”, in sy huis afgekom. Hy is in die intensiewesorgeenheid van die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria opgeneem waar hy vir ’n longinfeksie behandel is.

Sy het Woensdag bekend gemaak dat sy linkerlong drie dae tevore platgeval het, waarna die onderste deel van sy regterlong platgeval het.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.