On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Studies sê vroeë nagte kan die risiko van demensie verhoog

───   15:23 Wed, 05 Mar 2025

Weird Wide Web – Studies sê vroeë nagte kan die risiko van demensie verhoog | News Article
Vroeë slaap hou dalk verband met ’n degeneratiewe toestand. Foto ter illustrasie

Navorsers in Brittanje, Swede en China het ontdek dat as mense voor 22:00 gaan slaap, hulle ’n 25% groter kans het op ’n degeneratiewe toestand wat ’n afname in denk-, geheue- en redeneringsvaardighede veroorsaak.

Hulle beveel aan die beste tyd om te gaan slaap, is tussen 22:00 en 23:00, aangesien dit mense die regte hoeveelheid rus gee.

Matthew Walker, ’n neuro-wetenskaplike en sielkundeprofessor aan die Universiteit van Kalifornië, het gesê: “Die tyd van die nag wanneer jy slaap, maak ’n beduidende verskil in terme van die struktuur en kwaliteit van jou slaap.”

Lees meer cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.