On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou ‘toets’ verloofde se liefde vir haar

───   15:01 Tue, 04 Mar 2025

Weird Wide Web – Vrou ‘toets’ verloofde se liefde vir haar | News Article
Beeldbron: Getty Images

’n Chinese vrou het haar verloofde drie uur lank aan gesimuleerde geboortepyn onderwerp as ’n voorhuwelikstoets.

Die toets het veroorsaak dat die man dermnekrose ontwikkel het en ’n noodoperasie moes ondergaan. 

Dit is nie ongewoon vir mense om hul lewensmaats op verskeie maniere te toets om seker te maak hulle is reg vir mekaar nie, maar sommige mense vat dit te ver. ’n Jong vrou van die Henan-provinsie in China het blykbaar haar verloofde vir drie uur lank aan elektriese skokke op sy maag onderwerp as ’n verwronge poging om kraampyne na te boots.

Dit is onduidelik waarom die man ingestem het en of hy geweet het waaraan hy homself gaan blootstel, maar hy het duidelik nie verwag dat hy uiteindelik ’n noodoperasie sou moes ondergaan nie. Die skokkende ervaring het hom oortuig om nie net die verlowing te verbreek nie, maar ook om die vrou vir skadevergoeding te dagvaar.

Die vrou het op die Chinese sosialemediaplatform REDnote geskryf dat haar ma en suster voorgestel het dat sy haar verloofde aan die “pyn van kraam” moes onderwerp voordat hulle trou, sodat hy sou leer om meer deernis vir sy vrou te hê. 

Die uitmergelende toets het plaasgevind in ’n kraamsorgfasiliteit wat deur die vrou se suster bestuur word. Met behulp van ’n elektriese toestel wat spesifiek ontwerp is om kraampyne te simuleer, het sy haar verloofde vir drie ure lank aan sterker elektriese skokke onderwerp. 

LEES OOK: Weird Wide Web – Vrou verbied ketjap by haar huis

In haar aanlyn belydenis het sy geskryf dat sy die intensiteit van die elektriese stroom stadig verhoog het vir die eerste 90 minute en daarna die toestel op sy maksimum krag gestel het vir die laaste 90 minute. “Teen vlak 8 het my kêrel begin sleg voel en by vlak 10 kon hy nie keer dat hy vloek van pyn nie,” skryf sy. 

“By vlak 12 was hy besig om te sweet en het hy vinnig begin asemhaal van die erge pyn. Teen die einde van die toets was hy heeltemal uitgeput en sy maag was so hard soos ’n plank.”

Daardie aand het die man ernstige maagpyn ervaar en verskeie kere opgegooi. Die volgende dag het sy toestand skielik vererger en is hy inderhaas hospitaal toe geneem waar hy met dermnekrose gediagnoseer is en ’n noodoperasie moes ondergaan.

Toe die man se familie agterkom watter marteling hy moes deurmaak, was hulle woedend en het sy verloofde verbied om hom in die hospitaal te besoek. Hoewel die vrou na REDnote gegaan het om raad te vra oor hoe sy die situasie moes hanteer, het sy soveel kritiek ontvang dat sy haar plasing uitgevee en haar rekening gesluit het. 

Teen daardie tyd is skermgrepe egter reeds wyd op die internet versprei. Volgens Chinese regkenners kan sy, indien die man of sy familie ’n klag indien, tot drie jaar tronkstraf opgelê word en sal sy skadevergoeding aan die slagoffer moet betaal.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.