Offbeat
Weird Wide Web – Vrou verbied ketjap by haar huis─── 15:20 Tue, 25 Feb 2025

Leigh Woodman het dié gewilde maaltydsous in haar huis verbied – ten van haar kêrel wat daarvan hou – weens haar vrees, genaamd mortuusequusfobie.
Tamatiesous is een van die gewildste souse ter wêreld.
Dié 32-jarige beïnvloeder van Bristol sê egter sy doen altyd haar bes om enige teken daarvan in die openbaar net te ignoreer. “Ek weet dat ek nie eers daarna moet kyk of enige aandag daaraan moet gee nie,” verduidelik sy.
Mortuusequusphobia, die vrees vir tamatiesous, kom blykbaar van die Australiese sleng vir dié rooi sous, naamlik “dooie perd”.
Woodman gooi selfs borde weg as sy vermoed dat dit met enige tamatiesous in aanraking gekom het.
Sy sê aan die Daily Star: “Ek is heeltemal bewus van hoe dramaties dit klink, en ek was nog altyd verleë daaroor.”
Woodman het gaan voort: “Ek was al saam met vriende uit en moes dan maar eerder my uitsig met die spyskaart versper, omdat hulle tamatiesous saam met hulle kos gevra het. As dit voor my neergesit word, vries ek.
“Ek kry ’n volslae paniekaanval.”
OFM Nuus mvh