Offbeat
Weird Wide Web – ChatGPT kan help met paartjieterapie─── 15:13 Thu, 27 Feb 2025

’n Span van Ohio State University en Hatch Data and Mental Health het 830 mense aan ’n studie laat deelneem.
Van die deelnemers het 20% voorheen paartjieterapie bygewoon.
Tydens die studie is daar gebruik gemaak van die KI-kletsbot ChatGPT. Die paartjies het vooraf vrae gekry wat dan hetsy deur ChatGPT óf deur ’n regte sielkundige hanteer is.
Net meer as die helfde van die groep het verkeerdelik gedink dat ChatGPT die regte terapeut was, terwyl die ander darem reg geraai het dat hulle met ’n regte terapeut gesels.
Een persoon, wat ChatGPT4 as sy terapeut gebruik, sê dat hy dit verkies omdat hy nooit veroordeel word nie.
KI-terapie kan dalk ’n wonderlike alternatiewe opsie wees vir mense wat nie sielkundigefooie kan bekostig nie. Wie weet?
OFM Nuus mvh