On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Feel Good Friday – Twee Chinese se kombuis bring vreugde vir kankerpasiënte

───   15:11 Fri, 18 Oct 2024

Feel Good Friday – Twee Chinese se kombuis bring vreugde vir kankerpasiënte  | News Article
Foto ter illustrasie

In die Chinese stad Nanchang in ’n stegie naby ’n kankerhospitaal bedryf twee senior burgers ’n gemeenskapskombuis om diegene te ondersteun wat na hul geliefdes omsien.

Wan Zuocheng en Hong Gengxiang is al 20 jaar besig met hierdie liefdadigheidswerk. “Jy moet goeie kos eet maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie,” het Wan aan The South China Morning Post gesê.

Enigeen kan teen sowat 32 Amerikaanse sent die kombuis gebruik om maaltye voor te berei. Soms is dit vir die pasiënte sodat hulle iets spesiaal kan eet en ander kere is dit vir hospitaalbesoekers. In 1993 het Wan en Hong ’n restaurant in ’n gebou langs die Jiangxi-kankerhospitaal bestuur, maar nadat dit gesloop is, het hulle ’n ontbytstalletjie voor die terrein geopen.

“Daar was ’n paartjie wat in 2003 saam met hul kind na ons gekom het,” sê Wan. Hulle het gesê hy wil nie behandeling hê nie, maar net ’n maaltyd wat sy ma gekook het. Ons het hulle toegelaat om ons kombuis te gebruik.

Lees ook: #Pinktober: Kansa waarsku teen gevare van laat borskankerdiagnose

Mettertyd het hulle meer stowe en ander toerusting gekry. Die gemeenskap het ook skenkings gemaak sodat hulle die water en elektrisiteit kon betaal. Meer as 10 000 mense het al die kombuis gebruik.

Hulle en die pasiënte is nou onafskeidbaar. Sonder die kankerpasiënte sou ons eensaam voel en sonder ons sou die pasiënte probleme ondervind, sê hy.

Kos is ongelooflik belangrik in die Chinese kultuur en in sommige dele is dit belangriker om te vra of iemand al geëet het as om te hoor hoe dit met hulle gaan.

In 2019 het die plaaslike regering die opknapping van die kombuis befonds en dit binnenshuis verskuif. In 2020 is hulle vereer vir hul liefdadigheidswerk in die TV-program People Who Move China.

Lees meer dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.