On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Die Skilpad en die Haas: Wie wen in die regte lewe?

───   15:09 Wed, 02 Oct 2024

Weird Wide Web – Die Skilpad en die Haas: Wie wen in die regte lewe? | News Article

“’n Wedloop tussen ‘Skilpad en die Haas’ wat in die werklike lewe getoets word, onthul wie regtig wen.”

’n Groep mense het gehoop om eens en vir altyd te bewys wie in ’n wedren sou wen: ’n skilpad of ’n haas. 

As ek sou sê “Esopus se fabels”, beteken dit dalk nie veel vir jou nie. Maar as ek jou vra om vir my die storie van die “Skilpad en die Haas” te vertel, weet jy presies wat gebeur. Esopus se fabels is ’n versameling stories deur verteller, Esopus, wat terugdateer na antieke Griekeland tussen 620 en 564 v.C.

Sommige van sy bekendste fabels naas die “Skilpad en die Haas” is die “Wolf in Skaapklere” en die “Seun wat wolf geskree het”. As jou kinderjare dalk nie gevul was met hierdie slaapstories nie, sal ons maar sê dat die skilpad en die haas die verhaal is van twee pratende diere wat deelneem aan ’n wedloop.

Die haas is uiters selfversekerd, want hy is vinnig en rats en die skilpad is wel, stadig. Die haas spring weg met ’n massiewe voorsprong en besluit om ’n middagslapie te neem totdat die skilpad hom inhaal.

Die skilpad haal stadig, maar seker die haas in, vat hom verby en wen uiteindelik die haas wat te laat wakker skrik en nie in staat is om die skilpad betyds in te haal nie. Die les van die fabel is natuurlik dat die wedloop nie altyd deur die vinnigstes gewen word nie, maar eerder deur dié wat vasberade is en volhard.

Soos jy seker sal dink, is dit in die regte wêreld redelik maklik om hierdie twee diere in die hande te kry en hulle in ’n wedloop te laat deelneem. Dit is presies wat ’n groep mense besluit het om te doen. ’n Video hiervan het soos ’n veldbrand versprei.

Lees ook: Breast cancer on the rise among younger women

In die beeldmateriaal word die twee diere in hul eie resiesbane gesien, gereed om te begin. Net soos in die fabel, begin die haas met ’n voorsprong, maar stop gereeld, terwyl die skilpad teen ’n stadige en bestendige pas voortstap.

En sowaar! Stadig en bestendig wen die skilpad die wedloop teen  die haas wat redelik ongeïnteresseerd is om eerste die wenstreep oor te steek.


Kykers het hul gedagtes in die kommentaar gedeel.

Een skryf: “Die legende is waar.”

Nog een voeg by: “Die mensdom se grootste vraag naas die sin van die lewe is uiteindelik beantwoord!” 

’n Derde kommentaar sê: “My gunstelingdeel is hoe opgewonde almal is wanneer hulle besef die skilpad is op die punt om te wen.”

Fabel? Of eintlik die reine waarheid?

Klik hier om meer te lees.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.