On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Inbreker maak sommer huise ook skoon

───   15:18 Tue, 15 Oct 2024

Weird Wide Web – Inbreker maak sommer huise ook skoon | News Article

’n Poolse man is onlangs tot 22 maande tronkstraf gevonnis omdat hy by twee huise ingebreek het.

Damian Wojnilowicz (36) is seker nou baie kwaad want hy is nou in die tronk en het geen dankie van enige van sy “slagoffers” gekry. Hy het by die huise in Newport, Wallis, ingebreek en dan die mense se vullis uitgeneem, wasgoed opgehang en die vloere gewas.

Hy het net ’n bietjie wyn gedrink, maar sou jy werklik daaroor kla as jy van die werk afkom en al jou huishoudelike take is reeds gedoen? Hy het selfs briefies vir die mense gelos.
Wojnilowicz se slagoffers het egter nie sy harde werk waardeer nie. ’n Vrou van Monmouthshire het op 16 Julie by die huis gekom het en gesien die voëls se kosbakke is volgemaak, haar vullis is uitgeneem en haar potplante is verskuif. Sy was egter vreesbevange en het by vriende gaan bly.

“Vir twee weke totdat hy gevang is, het ek in ’n toestand van vrees geleef. Ek het gewonder of dit iemand is wat ek ken en of dit iemand is wat weet ek bly alleen en my agtervolg.”

Op 29 Julie het die man by ’n ander huis in Newport ingebreek. Die eienaar het op kringtelevisie gesien hoe die man by sy huis inbreek, vir hom wyn ingooi, sy klere was en daarna gaan stort. Die man se skoonseun het die inbreker weggejaag en hy is later in hegtenis geneem.

Wojnilowicz se prokureur het in die hof gesê hy geen heenkome gehad nie en hy is jammer vir enige ongerief wat hy veroorsaak het. Die hof het bevind Wojnilowicz is ’n risiko vir die publiek. Hy wag nog steeds dat iemand hom moet bedank vir die werk wat hy in die huise gedoen het.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.