On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Brasilië-polisiebeampte trek self haar pa se moordenaar vas

───   15:39 Mon, 14 Oct 2024

Weird Wide Web – Brasilië-polisiebeampte trek self haar pa se moordenaar vas | News Article
Gislayne Silva de Deus (36).

Meer as twee dekades ná sy dood het ‘n Brasiliaanse vrou haar woord gestand gedoen om sélf haar pa se moordenaar vas te trek.

Gislayne Silva de Deus (36) was net nege jaar oud toe haar pa in Februarie 1999 vir skuld van nagenoeg $29, net meer as R500, doodgeskiet is. Sy het destyds gesê sy sou eendag haar pa se dood wreek. Met hierdie doel voor oë het sy haar eers as prokureur, en nog later as polisiebeampte bekwaam.

Op 25 September het Gislayne daarin geslaag om die moordenaar – wat reeds in 2013 aan die moord op Givaldo Jose Vicente de Deus skuldig bevind is – weer in hegtenis te neem. 

Raimundo Alves Gomes (60) is in 2013 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op De Deus, maar aangesien hy nooit ná die misdaad in hegtenis geneem is nie, is die vonnis nooit uitgedien nie. Sy prokureurs het in 2014 en 2015 teen die beslissing appèl aangeteken, maar albei appèlle is deur die hooggeregshof verwerp. 

Die mees onlangse bevel vir inhegtenisneming is in 2019 teen Gomes uitgereik.

Op 25 September, net twee maande in haar loopbaan as polisiebeampte, het Gislayne Silva de Deus haar droom vervul om haar pa se moordenaar ná 25 jaar voor die hof gebring. 

Lees ook: Weird Wide Web – Onregmatig beskuldigde vrou uiteindelik vrygelaat

Sy het aan die voortvlugtige Gomes gesê, dit is aan haar te danke dat hy weer in boeie is en dat hy vir sy dade sal boet.

Gislayne, een van vyf kinders, sê die inhegtenisneming bring ‘n mate van vrede vir die familie. Sy sê hoewel dit hulle pa nie terugbring nie, sal die moordenaar eindelik die vonnis uitdien wat hom toekom.

Lees meer AP

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.