On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Vrou aangekla weens watergeweer-aanval

───   15:17 Mon, 23 Sep 2024

Weird Wide Web – Vrou aangekla weens watergeweer-aanval | News Article

Beskuldigde het buurman per ongeluk met ’n waterpistool in die bors gespuit.

’n Vrou (58) van die Kanadese provinsie Ontario staan tereg op ’n aanklag van aanranding met ’n wapen nadat sy na bewering ’n buurman per ongeluk met ’n watergeweer in die bors gespuit het.

Op 1 September het Wendy Washik, ’n onderwysassistent van Simcoe, ’n gemeenskap 100 km suidwes van Toronto, tydens ’n braai in die agterplaas met kinders gespeel toe sy per ongeluk ’n buurman wat gras gesny het, in die bors met ’n waterpistool gespuit het. 

Fisiek aangerand

Sy beweer sy het dadelik verskoning gevra, maar die man het aanhou skree en in ’n stadium na sy huis gegaan om die polisie te bel en aan te meld dat hy “fisiek aangerand” is.

Beamptes van Ontario se provinsiale polisie het die oproep beantwoord en vasgestel dat twee mense betrokke was by ’n “geskil” wat daartoe gelei het dat ’n slagoffer aangerand is. Washik het aan verslaggewers gesê die polisie het nie eens gevra om die waterpistool te sien voordat hulle haar aangekla het nie.

“Hulle het my nie een vraag gevra nie,” het sy gesê. “Hulle het nie gevra om die waterpistool te sien nie. Nie een vraag is gevra nie ... my man kon dit nie glo nie.”

Lees ook: Kimberley: City of Diamonds … and ghosts

Op ’n versoek van plaaslike verslaggewers om te bevestig dat die wapen wat in die beweerde aanval gebruik is, ’n waterpistool was, het ’n polisiewoordvoerder gesê dat dit “onvanpas” is om kommentaar te lewer oor die besonderhede van die saak. Washik dring egter daarop aan dat sy en die kind met waterpistole gespeel het wat nie langer as ’n halwe armlengte was nie.

Die voorval het haar gesin erg getref. Omdat sy as ’n opvoedkundige assistent by die Brant Haldimand Norfolk Katolieke Distrikskoolraad werk, kan sy nie terugkeer werk toe totdat die saak opgelos is nie, en hoewel sy verstaan wat die rede is, kan sy nie haar frustrasie verberg nie.

“Elke dag is steeds ’n stryd, dit is moeilik om nie voortdurend daaraan te dink nie,” het Wendy Washik aan CTV News gesê. “Dit is moeilik om aan te gaan, want dit is moeilik om te vergeet. Ek is steeds bekommerd oor die uitkoms daarvan.”

Washik se familie het geld probeer insamel vir haar regskoste aangesien sy Dinsdag (24/9) in die hof verskyn, maar die aard van haar aanklag maak dit moeilik. ’n GoFundMe-bladsy, wat meer as $12 000 ingesamel het, is byvoorbeeld verwyder omdat dit tegnies ’n kriminele aanklag was, en die platform nie insamelings daarvoor toelaat nie. Die gesin het alternatiewe probeer omdat hulle geen idee het hoe lank hulle regstryd sal duur nie.

Lees meer cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.